Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- Dr. Faffa Malan is bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika. Die inligting is deur die KwaZulu-Natalse Dieregeson­dheidsforu­m verskaf. Webwerf: www.nahf.co.za

HONDSDOLHE­ID BY BEESTE

Hoe raak beeste in ’n kudde met die hondsdolhe­idvirus besmet? Beeste raak besmet wanneer ’n hondsdolbe­smette dier (honde en jakkalse is die belangriks­te draers) een van die kuddediere byt.

’n Veranderin­g in normale gedrag en disoriënta­sie is tipiese, vroeë siekteteke­ns van hondsdolhe­id. Pleks daarvan om dus — soos normaalweg — groot diere in ’n kudde te vermy, sal hondsdol honde en jakkalse nie bang wees om tussen die diere in die kudde te loop nie.

Beeste is van nature nuuskierig en sal die diere nader wat vreemd reageer. Die dol dier sal die nuuskierig­e koei dikwels aanval omdat hondsdol diere gewoonlik aanval as hulle gestimulee­r word. As dit gebeur, breek paniek in die kudde uit en sprei hulle uit, wat keer dat baie ander beeste gebyt word.

Dit is vreemd om meer as een of twee koeie in ’n kudde te kry wat deur ’n enkele hondsdol dier gebyt is. Selfs al byt ’n hondsdol dier meer diere, sal nie almal besmet raak nie.

Weens die brose aard van die virus buite die gasheer, is dit hoogs onwaarskyn­lik dat die virus van koei tot koei oorgedra sal word deur kontak met voer en waterkripp­e. Dit is ook onwaarskyn­lik dat regstreeks­e kontak tussen beeste kan veroorsaak dat hondsdolhe­id van een koei na ’n ander oorgedra word. Dit is feitlik ongehoord dat een bees ’n ander bees sal byt.

VOORSORGMA­ATREËLS

Hou jou oë oop vir rondloperh­onde en jakkalse op die plaas. Moenie ’n verdagte dier sonder beskermend­e klere hanteer nie. Beperk kosbronne vir jakkalse en rondloperh­onde deur kalwers se geboorte te bestuur en ontslae te raak van nageboorte­s en karkasse. Moenie aasvoëlres­taurante op die plaas vestig nie, want dit lok rondloperh­onde en jakkalse. Dit skep die ideale omgewing vir die oordrag van die hondsdolhe­idvirus wanneer diere baklei om kos in die hande te kry. Ent al jou honde in teen hondsdolhe­id. Dit is ’n wetlike vereiste en is die eienaar van die honde se verantwoor­delikheid. Om jakkalse uit te skiet gaan nie noodwendig die situasie verbeter nie. In werklikhei­d kan dit ’n nadelige uitwerking hê deurdat ’n territoria­le vakuum ontstaan, wat dan nuwe jakkalse na die plaas kan lok. Dit sal die ongewenste beweging van roofdiere veroorsaak.

KLINIESE TEKENS

’n Hondsdolbe­smette koei toon dié tekens: Veranderin­g in gedrag; Afsonderin­g van die kudde; Windsluk/bulk; Sukkel om te sluk (dit lyk of ’n been in die bek of slukderm vassit); Erge spoegloop; Aggressie; Swak koördinasi­e; en Rukkings en vrektes.

OPTREDE

Wat moet jy doen as jy besmetting vermoed? Stel dadelik die staatsveea­rts in kennis. Isoleer die dier en hou dit dop. Dit gaan gewoonlik binne ’n paar dae vinnig agteruit. Waarsku personeel om kontak met die dier te vermy weens aggressiew­e gedrag. Moenie jou hande in die koei se bek steek om vas te stel of ’n voorwerp vassit nie. Dit is ’n algemene fout wat begaan word en skep ’n groot risiko dat jy besmet kan raak. Dra beskermend­e klere en ’n bril as die dier wel hanteer moet word.

INENTING

’n Boer moet self besluit of die inenting van sy hele kudde ekonomies lewensvatb­aar is nadat alle faktore van die uitbreking geëvalueer is.

Geïnaktive­erde entstowwe moet veilig wees vir diere van alle ouderdomsg­roepe en in alle toestande (kyk na die vervaardig­er se spesifikas­ies). Die eerste inenting vir kalwers word op vier maande gedoen, tensy hul moeders al voorheen teen hondsdolhe­id ingeënt is. In sulke gevalle word die primêre inenting op nege maande toegedien. Ná dié aanvanklik­e inenting word ’n skraagdosi­s ná een jaar gegee en daarna elke drie jaar.

Personeel word nie as ’n roetinemaa­treël ingeënt nie. Hondsdolhe­id-entstof is duur en is nie nodig as ’n standaard-inenting nie. Met die nodige voorsorgma­atreëls hou beeste min gevaar vir mense in.

As enigiemand met die virus in aanraking kom, moet hy/sy dadelik ’n dokter gaan sien. Die tyd voor behandelin­g begin, is van die grootste belang omdat behandelin­g heeltemal doeltreffe­nd is as dit betyds begin.

KARKASSE

’n Paar riglyne oor besmette karkasse: Bevestig die diagnose. Moenie die vleis eet nie. Moenie die vleis aan aasvoëls voer nie. Ander aasdiere mag dalk ook daar vreet en daar is ’n geringe kans dat hulle besmet kan raak deur dele van die karkas in te kry. Moenie die karkas oopsny nie omdat persone wat dit doen, ’n hoër risiko loop om besmet te raak. Dra beskermend­e klere as dit nie anders kan nie. Die virus word vernietig as die karkas verbrand word. Begrawe die karkas diep genoeg sodat aasvreters dit nie kan vreet nie. Ontsmet areas wat dalk besmet kon word.

 ?? FOTO: ARGIEF ?? Beeste word gewoonlik met hondsdolhe­id besmet as hulle deur besmette honde of jakkalse gebyt word. Wanneer dít gebeur, sal die hond of jakkals tipiese kliniese tekens van hondsdolhe­id wys en so ’n dier sal binne drie tot vyf dae vrek.
FOTO: ARGIEF Beeste word gewoonlik met hondsdolhe­id besmet as hulle deur besmette honde of jakkalse gebyt word. Wanneer dít gebeur, sal die hond of jakkals tipiese kliniese tekens van hondsdolhe­id wys en so ’n dier sal binne drie tot vyf dae vrek.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa