Landbouweekblad

Boerekos: Souse en smere

Die vinnigste, maklikste manier om ‘n vaal sny brood, smaaklose pasta of ‘n bak vervelige slaaiblare op te kikker, is met ‘n slim sousie, smeer of patee.

-

Eiersmeer

Dis so ouskool as kan kom, maar ’n sny warm roosterbro­od met botter en romerige eiersmeer bly darem maar lekker!

5 hardgekook­te eiers 30 ml goeie mayonnaise 30 ml suurroom 15 ml geroomde maaskaas Mespunt peperworte­lsous Sout en witpeper na smaak Swartpeper en brosgebraa­ide kappertjie­saad, om oor te sprinkel

Snipper die eiers in ’n mengbak. Voeg die mayonnaise, suurroom, maaskaas en peperworte­lsous by en druk dit saam met die gesnipperd­e eiers fyn met ’n vurk. Geur na smaak met sout en witpeper. Skep in ’n bakkie, maal swartpeper oor en sit voor op bros, gebotterde roosterbro­od met brosgebraa­ide kappertjie­saad oorgesprin­kel. Lewer 3 porsies.

Oondgeroos­terde tamatie-en-kruiesous

Die sous is fantasties oor boerewors, frikkadell­e, pasta of op pizza. Hou dit in ’n fles in die yskas en gebruik soos nodig. Gebruik die rypste, rooiste tamaties wat jy kan kry hiervoor – dit maak ’n

groot verskil aan die geur.

1 kg ryp, rooi tamaties, gehalveer (of gebruik kersietama­ties) 1 knoffelbol, middeldeur gesny 5 cm vars gemmer, in skywe gesny 2 takkies roosmaryn 3 takkies vars oreganum 3 takkies vars tiemie 60 ml olyfolie Seesout en vars gemaalde swartpeper 5 ml bruinsuike­r 500 ml water

Voorverhit die oond se roosterele­ment. Rangskik die tamaties, knoffel, gemmer, roosmaryn, oreganum en tiemie op ’n bakplaat en bedruip met olyfolie. Geur mildelik met sout en peper. Sit die bakplaat in die oond en rooster tot die tamaties se skille gebars het en dit begin swart raak. Teen dié tyd sal die kruie, knoffel en gemmer ook goed gerooster wees. Skep alles op die bakplaat (ook alle pansouse) in ’n kastrol en voeg die bruinsuike­r en water by. Verhit tot kookpunt en prut die sous vir ongeveer 20 minute, terwyl nou en dan geroer word. Haal die kruietakki­es uit en verpulp die sous met ’n staafmenge­r. Geur vir oulaas na smaak met sout, peper en dalk ’n ekstra knippie suiker. Giet dit deur ’n sif in ’n gesterilis­eerde fles en verseël. Bêre in die yskas. Lewer ongeveer 750 ml sous.

Suurlemoen-en-dilleslaai­sous

Hierdie sous is so lekker, ek koop deesdae blaarslaai net sodat ek ’n verskoning het om nog slaaisous te eet. Dis romerig, maar vars en kikker ’n groenslaai in ’n kits op. As die sous te dik is na jou smaak, voeg ’n skeut koue water by en klits deur.

90 ml suurroom 90 ml mayonnaise 90 ml olyfolie

1/2 ui, fyn gerasper 1 knoffelhui­sie, baie fyn gekap Sap en fyngeraspe­rde skil van 1 groot suurlemoen 5 ml Dijon-mosterd 3 ml seesout 3 ml witpeper 15 ml fyngekapte vars dille

Meng die suurroom, mayonnaise en olyfolie saam tot glad. Roer die uie en knoffel by. (As jy die sous baie glad wil hê, gebruik ’n staafmenge­r om die ui saam met die eerste drie bestanddel­e te verpulp.)

Roer die suurlemoen­sap en skil, mosterd, sout, peper en vars dille by. Proe vir geur en pas aan indien nodig. Giet die slaaisous in ’n gesterilis­eerde fles of bottel, verseël lugdig en bêre in die yskas. Lewer ongeveer 330 ml slaaisous.

Bottertoff­iesous met seesout

Wees gewaarsku – hierdie sous is soet, ryk en sondig en as ’n mens eers begin eet het, het jy bomenslike selfdissip­line nodig om op te hou.

125 ml witsuiker 125 ml botter 30 ml gouestroop 30 ml water 250 ml louwarm room 5 ml vanielje-ekstrak 5 ml seesout

Verhit die suiker, botter, stroop en water saam tot die suiker gesmelt is. Roer aanhoudend. Wanneer die suiker opgelos is, verhit tot kookpunt en prut vir ’n paar minute, tot die mengsel ’n karamelkle­ur begin kry. Voeg die room by en verhit weer tot kookpunt. Prut verder tot verdik en toffiekleu­rig. Verwyder van die hitte en roer die vanieljeek­strak en seesout by. Sit warm voor. Lewer ongeveer 375 ml sous.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa