Landbouweekblad

Die Kalahari se kamele

Kamele staan ook bekend as woestynske­pe danksy hul vermoë om in dorre toestande te oorleef.

- LUCILLE BOTHA lbotha@landbou.com NAVRAE: www.kgalagadi-lodge.co.za

Voor die tyd van 4x4-voertuie het die polisie in die Kalahari op kamele staatgemaa­k om patrollies in die omgewing te ry. Dié geharde diere kan ’n swaar vrag dra, het goeie stamina vir lang ritte en deins boonop nie terug vir die hoë, sanderige, rooi duine nie. Toe viertrekvo­ertuie egter meer algemeen raak, het Witdraai se polisiekan­toor ’n klompie van hul kamele aan Jannie Knoesen verkoop, wat sedert 1944 op Koppieskra­al geboer het. Vandag boer Jannie se seun, Willie, op Koppieskra­al en daar is sowat 70 teelkamele op die plaas.

Een van hulle heet Joppie en hy kan tot 150 kg dra, sê Landa Conradie (Willie se dogter), wat sedert 2006 kameelritt­e aanbied.

Mense wat van die woestyndie­re se rûe af wil uitkyk oor die wuiwende gras en rooi duine, kan van vanjaar af kameelritt­e by die Kgalagadi Lodge aanpak. Klein Koos Schneider, ’n jong veeboer uit die omgewing, versorg die kamele. Hy neem mense vir ritte op die rug van dié diere wat sulke diep spore in die Kalahari se geskiedeni­s getrap het.

“Gaste is altyd op hul senuwees as die kamele met hulle opstaan en gaan sit, maar dis ook waaroor hulle die meeste ná die rit gesels. Kamele staan eers met hul agterpote op en gaan sit eers met hul voorpote – dit is omtrent ’n ongemaklik­e proses!”

Die ritte vind daagliks (van 16:00 tot 18:00) plaas. Dit kos R150 vir ’n rit van 15 minute.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa