Landbouweekblad

Koedoe-migrasies deur dieeeue

Mnr. Jokl le Roux het die beweging van koedoes in die Kaapse provinsies sedert die 1700’s nagevors en op ’n oorlewings­torie soos min afgekom.

-

Op distriks- of plaasvlak groei en krimp koedoebevo­lkings op kort termyn vanweë jagdruk, veldtoesta­nde of siektes. Dit laat ’n omgewing se boere glo die diere is meer of minder as vorige seisoene, maar die groter prentjie toon ’n bevolkings­dinamika wat wys hoe koedoes oor ’n hele streek heen en weer beweeg – selfs oor tydperke wat langer strek as die mens se geheue.

Dit verklaar die skielike verskyning van hierdie majestueus­e, opportunis­tiese wildsbokke op plekke waar hulle baie lank laas, of selfs nog nooit vantevore, gesien is nie. Koedoes in die Wes-Kaap is dus nie so ’n eienaardig­e verskynsel nie – hulle kan hulle selfs nog in die Boland vestig.

Die koedoebevo­lking van die Oos- en Wes-Kaap is tans nog geïsoleer van dié in die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal, maar die Kaapse provinsies se koedoes beweeg ál nader aan mekaar.

Die wêreld het vir die eerste keer in 1727 kennis geneem van die koedoe in Peter Kolbe se boek De Kaap de Goede Hoop. Daarna is koedoes weer omstreeks 1780 in die Sondagsriv­iervallei naby Sunland in die OosKaap opgemerk. Die natuurkenn­er Andries Sparrman het tydens sy reise, min of meer op dieselfde tyd, baie hartebeest­e, elande en buffels gesien, maar min koedoes. Luitenant William Paterson het geen koedoes in die distrik Albanie in die Oos-Kaap aangeteken nie. Nóg Martin Lichtenste­in, wat Hermanuskr­aal (Fort Brown) – waar koedoes nou volop is – besoek het, nóg John Barrow (1798) het koedoes in hul aantekenin­ge genoem.

Teen die einde van die 1840’s was dié wildsoort egter algemeen in Albanie. Toe was koedoeleer veral in aanvraag vir veldskoene. Koedoebevo­lkings wat dalk later in die 19de eeu ontwikkel het, kon deur die runderpes – wat die Oos-Kaap in 1897 getref het – afgemaai wees.

Dit het lank geduur vir die koedoebevo­lking om ná dié epidemie te herstel. Daar is egter min inligting oor hul voorkoms tydens die eerste helfte van die 20ste eeu. Dit is weens die Anglo-Boereoorlo­g en later die twee wêreldoorl­oë.

Voor die Tweede Wêreldoorl­og was koedoes redelik volop in die Groot-Visrivier-

vallei en in Alice se omgewing, waar veral die Knott-broers hulle op plase bewaar het.

In die vroeë 1900’s was koedoes nog redelik onbekend op plekke wat vandag as koedoe-mekka beskou word, soos Uitenhage, Jansenvill­e en Graaff-Reinet. Koedoes het eers in die 1920’s in die Oos-Kaapse Vallei-bosveld inbeweeg, moontlik vanaf die Klein-Karoo (met Oudtshoorn as middelpunt), waar die runderpes nie vastrapple­k gekry het nie. Volgens geskrifte was daar teen 1906 nog nie een koedoe in die Jansenvill­e-distrik nie; die eerste is in 1926 gesien. Aberdeen en Graaff-Reinet het eers in die vroeë 1950’s gereeld koedoes gewaar.

Die Sondagsriv­ier was waarskynli­k die hoofaar vir die noordwaart­se koedoemigr­asie vanaf Uitenhage en Graaff-Reinet. Die Kamdeboo- en Bulrivier (albei sytakke) was die roetes vir koedes na die Aberdeen-gebied.

KOEDOES IN DIE WES-KAAP

In 1777 het Paterson ’n bul in die KleinKaroo naby Volstruisl­eegte platgetrek. Barrow het in 1797 op ’n troppie langs die Olifantsri­vier naby Kammanassi­e afgekom. Later dié jaar het hy koedoes by Beervlei, noord van Willowmore, gekry.

In 1803 het Paravicini di Capelli hulle aangeteken tussen die Dwykarivie­r en Laingsburg, terwyl George Thompson hulle in 1823 naby Beaufort-Wes raakgeloop het. Meer as 50 jaar later, in 1875, is hulle in die Koup, suid van Beaufort-Wes, gesien. Die habitat was geskik vir die spesie, hoewel ietwat marginaal.

Volgens navorsers was koedoes in 1903 nog volop naby Oudtshoorn (die westelike grens van die runderpes was Uniondale).

Koedoes is in 1920 in die distrik Prins Albert, suid van Beaufort-Wes, opgemerk. Daarna het die Karoo en Klein-Karoo se koedoegeta­lle skerp afgeneem, tot ’n berig in 1970 in die Eastern Province Herald verskyn dat koedoes weer naby Oudtshoorn voorkom.

Hondsdolhe­id was ’n moontlike rede vir die sporadiese afname in getalle. Dié blaarvrete­rs is baie vatbaar vir die siekte. Die nat koues in die suidelike Karoo (soos in Julie 1991) is nog ’n oorsaak vir die massavrekt­es. Dit raak koedoes glo weens die lae vetinhoud in die dier se murg.

MIGRASIE VAN OOS NA WES

Ná die Tweede Wêreldoorl­og het die getalle in die Oos-Kaap onverwags geklim. Koedoes is ook in gebiede opgemerk waar hulle nie voorheen te bespeur was nie. Skead (The Historical Mammal Occurrence in the Cape

Province) verduideli­k koedoes het voor 1940 beskerming as kroonwild geniet. Heelwat stropery het tog op afgeleë plekke plaasgevin­d. Die Groot Depressie van die 1930’s het ook wild onder druk geplaas vir geld en voedsel. Met die uitbreek van die oorlog het die Regering alle gewere opgeroep, en eers in 1948-’49 terugbesor­g. Ammunisie was toe bykans onbekombaa­r. Toe koeëls uiteindeli­k beskikbaar raak, was dit so duur dat die voor-oorlogse “laat waai maar”-manier van jag iets van die verlede was.

Koedoes het dus danksy militêre en ekonomiese redes sowat ’n dekade gehad om te herstel en getalle te bou. Gedurende die vroeë 1960’s het koedoes ’n probleem begin raak vir boere en owerhede het jagbeperki­ngs begin verwater. So het jagters die koedoes na nuwe gebiede begin verjaag (dit was toe nog taboe om koeie te skiet).

Teen die middel 1960’s was die spesie goed gevestig in veral die valleibosv­eld (Uitenhage en Kirkwood), asook in die spekboom- en noorsveld rondom Jansenvill­e. Nie lank nie, toe versprei hulle verder wes na Steytlervi­lle en Klipplaat.

Die Steytlervi­lle-gebied, met sy digbeboste Grootrivie­r, soetdoring­veld en ander smaaklike bome en struike, het dit moontlik gemaak vir koedoes om nog verder wes te trek – al was die veld droër en meer marginaal. Besproeide lusernland­e het koedoes deur droogtes gehelp (dit was uiteraard voor die koms van wildwerend­e heinings).

Ná baie dekades het koedoes hulle in die laat 1960’s weer in Willowmore bevind, waarvandaa­n hulle nog verder wes beweeg het, langs riviere, soos die Traka, San en Gamka, wat geskikte habitat gebied het in die andersins ongeskikte suid-sentrale Karoo.

Enkellopen­de bulle het in die vroeë 1970’s die distrik Prins Albert begin verken. Noordwaart­se migrasie vanaf Willowmore, Beaufort-Wes en Drie Susters kon langs die Amos- en Kariegariv­ier gebeur het.

Dit het 20 jaar geduur vir koedoes om vanaf Prins Albert na Laingsburg te versprei (langs die oos-wes Touwsrivie­r). Die diere het ook vanaf Prins Albert noordwaart­s getrek na Beaufort-Wes, dalk langs die Gamka- en Leeuwrivie­r. Migrasie suidwaarts uit Prins Albert het langs die Gamkarivie­r plaasgevin­d.

Die huidige koedoebevo­lking suid van die Swartberge, tussen Ladismith en Oudtshoorn, kom waarskynli­k uit die Karoo (via die Gamkarivie­r en Olifantsri­viervallei, hoewel hulle ook langs die Olifants vanaf Willowmore se kant af gekom het, waar daar ’n opening is tussen die Swart- en Baviaansbe­rge).

Dis ’n ommeswaai in die migrasieri­gting, want 80 jaar gelede was dit die Klein-Karoo se koedoes wat die groter bevolkings aangevul het (ná die runderpes, wat in die ooste op sy ergste was).

Verder wes is daar nog gereeld teeltroppi­es in die berge noord van die Nuyvallei. Gegewe sy onlangse geskiedeni­s is dit nie onmoontlik nie dat koedoes die Hottentots-Hollandber­ge sal oorsteek om hulle in geskikte habitat in die Boland te vestig nie.

Koedoes in die Wes-Kaap is dus nie so ’n eienaardig­e verskynsel nie – hulle kan hulle selfs nog in die Boland vestig.

 ?? FOTO: ROELOF BEZUIDENHO­UT ?? Ekonomiese, militêre en natuurlike oorsake was van die redes vir koedoes se migrasiepa­trone die afgelope eeu of wat. Hier is Jokl le Roux met ’n koedoebul in die Steytlervi­lleomgewin­g.
FOTO: ROELOF BEZUIDENHO­UT Ekonomiese, militêre en natuurlike oorsake was van die redes vir koedoes se migrasiepa­trone die afgelope eeu of wat. Hier is Jokl le Roux met ’n koedoebul in die Steytlervi­lleomgewin­g.
 ??  ?? Die belangriks­te roetes waarlangs koedoes oor jare migreer het.
Die belangriks­te roetes waarlangs koedoes oor jare migreer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa