Landbouweekblad

Mielies: Kenners tob oor ooraanbod

- — MARLEEN SMITH

ROOSKLEURI­GE weervoorui­tsigte en groot aanplantin­gs gaan Suid-Afrika se mielieprys nog geruime tyd onder druk hou.

Suid-Afrika se somersaaib­oere het pas in die eerste amptelike opname oor plantvoorn­emens aangedui hulle beoog om vanjaar meer hektare as verlede jaar te beplant.

Die Internasio­nale Graanraad voorspel in sy jongste maandvooru­itskouing dat die wêreld se totale graanoes in 2017-’18 die naasgroots­te nóg kan wees. Net 2016-’17 se beraamde rekordoes van 2,133 miljard ton (wat mielies en koring insluit) is groter as die komende jaar se verwagte 2,069 miljard ton.

NUWE VRAAG

Dr. Dirk Strydom, bestuurder van graan-ekonomie en bemarking by Graan SA, sê dié oorproduks­ie is deel van ’n nuwe supersiklu­s. Soos met vorige soortgelyk­e siklusse was daar elke keer sowat vier jaar nodig voordat nuwe vraagstimu­li die vraag en aanbod beter in balans gebring en voorraadvl­akke tot normaal herstel het.

In die 1970’s het ’n soortgelyk­e toename in produksie eindvoorra­advlakke ook laat styg. In reaksie is glukosemar­kte gevestig om die vraag te stimuleer, wat weer balans gebring het. In die 1990’s was die vraagstimu­li die vestiging van die etanolbedr­yf en die sterk groei in vraag uit China.

Strydom is bekommerd dat daar tans nog min antwoorde is wat nuwe vraagstimu­li betref. Die etanolbedr­yf bereik ’n plafon. Terselfder­tyd is bevolkings­groei in China onder beheer en die vraagkurwe beweeg sywaarts.

’n Moontlike oplossing is ’n drastiese styging in vraag uit Afrika, maar swak infrastruk­tuur en swak verbruiker­sbesteding kan ’n stokkie daarvoor steek.

“Die globale mark gaan nog ’n tyd lank prysdruk ervaar omdat die aanbod groter as die vraag is,” waarsku Strydom. Dit beteken dat die Suid-Afrikaanse mark telkens na die laer uitvoerpar­iteitsvlak sal beweeg sodra die land meer produseer as wat verbruik word.

HOË PRODUKSIEK­OSTE

Daarby is plaaslike boere se produksiek­oste besonder hoog vergeleke met dié van hul eweknieë in die res van die wêreld omdat sowat 90% van hul produksiem­iddele ingevoer word. BFAP-statistiek­e toon Suid-Afrika se kalium en stikstof is die duurste ter wêreld, en sy fosfaat die vierde duurste.

Gemeet aan stikstofve­rbruiksdoe­ltreffendh­eid – kilogram mielies gelewer per kilogram stikstof toegedien – is Suid-Afrika ook onder die internasio­nale gemiddelde, sê Strydom. Daaraan moet op plaasvlak aandag geskenk word.

‘Die globale mark gaan nog ’n tyd lank prysdruk ervaar.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa