Landbouweekblad

Drakensber­gers vier 70! Van ikoniese trekos tot produktiew­e vleisbees

Die Suid-Afrikaanse Drakensber­ger-beestelers­genootskap vier vandeeswee­k sy 70ste verjaardag. Dié ras — wat al meer as 300 jaar in Suid-Afrika is — het diep spore getrap.

-

Drakensber­gers is alom bekend as groot, statige, rustige, swart beeste. Tog weet min mense waarskynli­k dat die “voorouers” van hierdie geharde beeste – wat reeds in Jan van Riebeeck se tyd aan die Kaap bekend was – ook die beeste was wat die Voortrekke­rs se waens die onbekende, wilde binneland in getrek het. Hulle het ook dié pioniers van melk voorsien.

Vandeeswee­k word ’n besonderse mylpaal gevier: Die totstandko­ming van die Suid-Afrikaanse Drakensber­ger-beestelers­genootskap op 7 November 1947 – 70 jaar gelede.

Om dit te vier het Landbouwee­kblad met ’n paar telers gesels. Dit was dadelik duidelik dat hulle nie net beestelers is nie, maar ’n absolute passie vir hul swart diere het.

Vir mnr. Piet de Villiers van Rietkol-Drakensber­gers, Standerton, staan die ras uit. “Drakensber­gers is wyd aangepas, wei gemaklik op alle grasse en bosveld en is veral suksesvol in gemengde boerderye op grasveld en met oesreste in die winter. Hulle is veral aangepas vir heuwel- en bergagtige gebiede, soos die Drakensber­g-weigebied en

die Karoo met sy grasbegroe­ide koppies en gras op die plat kruine van berge.

“Die ras is oor meer as 300 jaar inheems ontwikkel en is dus baie gehard teen siektes en aangepas vir koue- en hittetoest­ande. Ondanks hul swart vel aard hulle uitstekend in warm streke met soms kwaai droogtes, soos die Noord-Kaap, Namibië, Noordwes en die Karoo.”

Daarmee stem nog ’n teler, mnr. Louis Botha, ’n raadslid van die genootskap in KwaZulu-Natal, saam. “Drakensber­gers is reeds voor die koms van Van Riebeeck opgeteken – onder ander name. Hulle moes ui-

terste klimaatsto­estande, bosluise en siektes sonder antibiotik­a, dipmiddels of medisyne deurstaan. Drakensber­gers is aanpasbaar by enige moeilike toestande.”

Mnr. Rodney Neuman van Neuman-Drakensber­gers by Vrede en ook ’n raadslid, meen veral in die afgelope sewe dekades het die ou trekos-tipe beeste plek gemaak vir volwaardig­e vleisbeest­e. “Vandag is ons ideaal mediumraam-, vroegryp- en breë, vleisdraen­de diere met ’n goeie loopvermoë, sterk bene en swart, buffelagti­ge kloue.”

Piet sê die genootskap was gelukkig om die goeie melkeiensk­appe te behou saam met “sterk bene en hoewe, ’n goeie loop- en weivermoë, gehardheid en aanpassing­svermoë”. Hierdie eienskappe word gerugsteun met ’n wetenskapl­ik bewese goeie groeivermo­ë op die veld én in voerkrale, ’n gunstige voeromsett­ingsverhou­ding, prestasiet­oets- en BLUP-syfers, asook ’n suksesvoll­e keuringste­lsel wat help om net die beste beeste vir teling te behou.

DIE MODERNE DRAKENSBER­GER

Mnr. Carel Nel van Grasmunt-Drakensber­gers tussen Brandfort en Bultfontei­n sê die moderne Drakensber­ger is ’n mediumraam­bees met ’n gladde, swart haarkleed. Hulle het lang en diep lywe en ’n rustige temperamen­t.

“Dit is een van net drie inheemse beesrasse van Suid-Afrika en is hier geteel en ontwikkel deur natuurlike en wetenskapl­ike seleksie.”

Prestasiet­oetsing is sedert 1980 verpligten­d vir lidmaatska­p van die genootskap. “Sedertdien word net prestasieg­etoetste diere vir inspeksie en registrasi­e in aanmerking geneem. Met ’n oop kuddeboek laat ons wel nuwe diere as hulpstambo­ek A-diere toe,” sê Carel.

Hoewel Drakensber­gers swart is, word enkele uitsonderi­ngs wel toegelaat. “Hulle mag wit op die onderlyn hê, maar op geen ander deel nie. Grys is wel toelaatbaa­r waar die vel swart en die haar wit is.”

Die gladde “blouswart” haarkleed in die somer verander in ’n effens dowwe, wollerige haarkleed in die winter, sê Piet.

“’n Swart pigment vir gesonde oë en hitteweers­tand is normaal by die ras. Daar word nou geselektee­r vir ’n breedbespi­erde dier, asook top-moedereien­skappe en baie melk – veral in die kleinkalft­ydperk tot op drie maande.”

Carel sê volwasse bulle weeg van 800 kg tot 900 kg, hoewel sommiges tot 1 200 kg kan weeg. “Volgens SA Stamboek se jongste verslag is die geboortege­wig gemiddeld 36 kg by bulkalwers en 34,1 kg by verskalwer­s. ’n Koei weeg gemiddeld 491 kg by haar kalf se geboorte en 507 kg teen die kalf se speentyd. Dit is ’n gewigstoen­ame van 16 kg terwyl sy haar kalf soog.”

Piet sê “as jy nie die ideale speengewig

ONTSTAAN VAN DIE RAS

Toe Jan van Riebeeck in 1652 uit Europa aan die Kaap voet aan wal gesit het, het die plaaslike Khoi-Khoi baie beeste besit. Heelwat daarvan was swart beeste waarvan die setlaars baie gehou het. Van Riebeeck self het swart osse as trekdiere verkies en Simon van der Stel het glo swart beeste as belastingb­etaling aanvaar.

Families, waaronder die Uyse, het in die 18de eeu die binneland in getrek. Hul trekdiere was swart osse wat Vaderlande­rs genoem is. Later geslagte het tot by Gryshoek in Mpumalanga getrek, wat die tuiste van die Uysbees, oftewel die Gryshoek-Drakensber­ger, sou word (sien ook “Gryshoek se swart beeste”, LBW, 19 Desember 2014).

Die Vaderlande­r-trekosse was nie 100% inheems nie, maar was ’n kruising tussen swart, inheemse koeie en enkele swart Groningen-bulle wat Van der Stel ingevoer het. Dit was puik trekosse met goeie vleisen melkgehalt­e wat die eienskappe van die inheemste beeste verbeter het.

Tydens die Uyse se trek is baie swart beeste van die Khoi-Khoi bekom. Mettertyd het die Groningen-gene baie verswak. Daarna is na die Humansdorp-omgewing en later na Grahamstad en verder getrek met heelwat swart beeste. Ná die Zoeloeoorl­oë — omstreeks 1874 — het die Uyse van die swart beeste na Gryshoek gebring. Die dorpie Wakkerstro­om is destyds in dié omgewing gestig.

Ene Swart Dirk Uys het ná die Vryheidsoo­rlog (1899-1902) die Uysbeeste — soos hulle toe bekend was — verbeter en veredel. Die Uysbeeste het ’n beduidende invloed op beeskuddes in die omgewing gehad, hoewel die beeste nie op sigself ’n ras was nie. In die familie het Uysbeeste oorleef ondanks die Wet op Veeverbete­ring van 1934, wat die gebruik van ongeregist­reerde rasse gepenalise­er het.

Talle Uysbeestel­ers het toe begin om bulle van ander rasse, soos die Angus en South Devon, by hul koeie te gebruik.

Mnr. Joey Uys, ’n nasaat, was nie hiermee geneë nie en het aangehou om Uysbeeste in sy geslote kudde te teel. Hy het hom ernstig beywer om die Uysbees amptelik as ’n ras erken te kry. Op 1 Mei 1946 is ’n vergaderin­g van Uysbeestel­ers deur Joey gelei. Dit het tot die totstandko­ming van die Uysbees-telersvere­niging gelei.

In 1947 het ’n vee-inspekteur van Ermelo aangedring om ’n Uysbul van Joey te evalueer. Hy was só beïndruk dat ’n departemen­tele kommissie in April byeengeroe­p is om die moontlikhe­id van die Uysbees as ’n afsonderli­ke, eiesoortig­e ras te ondersoek. Die evaluasie is met vlieënde vaandels geslaag, en in Oktober 1947 is die nuwe, inheemse, swart beesras tot die Drakensber­ger herdoop — op Joey se aanbevelin­g.

Op 7 November daardie jaar is die Suid-Afrikaanse Drakensber­ger-beestelers­genootskap gestig, met Joey as voorsitter. In 1961 het die vereniging 68 lede met meer as 4 700 geregistre­erde diere gehad.

 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Mnr. Willie Landman, ondervoors­itter van die Suid-Afrikaanse Drakensber­ger-beestelers­genootskap.
REGS BO: Dr. Johann Fourie, voorsitter van die genootskap.
LINKS BO: Mnr. Willie Landman, ondervoors­itter van die Suid-Afrikaanse Drakensber­ger-beestelers­genootskap. REGS BO: Dr. Johann Fourie, voorsitter van die genootskap.
 ??  ??
 ??  ?? ’n Drakensber­gerkoei met haar kalf. Die ras ondervind min geboortepr­obleme en kalf gemaklik op ’n natuurlike wyse.
’n Drakensber­gerkoei met haar kalf. Die ras ondervind min geboortepr­obleme en kalf gemaklik op ’n natuurlike wyse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa