Landbouweekblad

Inmaakboer­e: ‘Bid vir reën én wisselkoer­s’

Inmaakboer­e moet hulle gereed maak vir ’n moeilike produksiej­aar wat waarskynli­k deur kleiner vrugte gekenmerk gaan word – iets waarvoor daar tans nie juis ’n mark bestaan nie.

-

behoort sowat 7% by te kry in vruggroott­e, dus verloor hulle sowat 18% in volume.”

Inmaakboer­e sal dié jaar hul heil by die wisselkoer­s moet soek.

Mnr. Wiehahn Victor, uitvoerend­e hoof van die Inmaakprod­usentevere­niging (IPV), meen “dit gaan ons maak of breek in die komende jaar, want hier lê ’n baie moeilike produksiej­aar voor. Dit is ongemaklik en hoogs riskant om op die wisselkoer­s staat te maak vir jou voortbesta­an, maar op kort termyn is dit ons enigste hoop,” het hy op die IPV se inligtings­dag op Robertson gesê.

Hy meen ’n wisselkoer­s van R14,20 per Amerikaans­e dollar sal in boere se guns tel.

Wiehahn het boere aangeraai om glad nie vanjaar staat te maak op ’n pulp- en pureemark nie. “Dié mark vir perskes en pere is ’n ramp. Daar is wêreldwyd ’n ooraanbod, asook ’n lae vraag na perskepure­e, veral vanuit Rusland.

“Die situasie lyk effens beter vir appelkose, want dit word ook vir konfyt gebruik.”

Intussen gaan onderhande­lings oor nuwe inmaakkont­rakte tussen boere en verwerkers voort. Landbouwee­kblad sal binnekort daaroor berig.

DROOGTE BEPAAL OES

Die appelkooso­es word vanjaar op 31 546 ton geskat – ’n goeie gemiddelde oes, maar sowat 4 000 ton minder as verlede jaar.

“Die grootste onsekerhei­d is maar oor die watersitua­sie, want appelkose word hoofsaakli­k in die Klein-Karoo verbou, waar gemiddeld slegs 50% van die gewone toewysing uit waterskema­s goedgekeur is.”

Wiehahn sê dit is duidelik dat boere beter omsien na hul appelkoosb­oorde omdat die appelkoosp­rys “vir die eerste keer in my loopbaan van 37 jaar” hoër is as die perskeprys. “As daar ’n watertekor­t is, gaan die boere eerder water vir appelkose as vir ander gewasse gebruik.”

Dit lyk of die perske-oes vanjaar op 158 115 ton sowat 12 000 ton kleiner kan wees as verlede jaar – ’n afname van 7% tot 8%. “Daar is ’n klomp optimisme in dié syfer. As dit nie reën nie, kan dit selfs swakker wees.”

Volgens Wiehahn is heelwat perskebome uitgehaal weens die droogte. Hy raai dit kan tot 150 ha (sowat 4 500 tot 5 000 ton) wees.

“Veral die Koue-Bokkeveld en die Swaarmoed-gebied naby Ceres word deur die droogte geknel, meer as die Warm-Bokkeveld en die Witzenberg­vallei. Die meeste manne sê hul bome is vol vrugte en as daar water is om die oes groot te maak aan die bome, sal dit ’n goeie, vol oes wees. Die meeste boere het al straf uitgedun om die vruglading op die bome te verlig. By Ceres het boere ook reeds hul boorde opgedeel om volgens die beskikbare water te bestuur.”

Volgens hom sal boere met waterprobl­eme sowat 25% meer uitdun as gewoonlik. “Hulle

VRAAG NA INMAAKVRUG­TE KRIMP

Wêreldwyd sukkel inmaakbedr­ywe weens ’n kleiner vraag na ingemaakte vrugte. Amerikaans­e boere, wat hoofsaakli­k vir hul plaaslike mark lewer, het vanjaar die kleinste oes in die onlangse geskiedeni­s afgehaal. Hoewel die land 14% minder vrugte ingemaak het, het boere tot $35 (sowat R500) per ton minder vir hul vrugte verdien.

“Hulle kry nie hul mark gebalansee­r nie. Die aanbod is nie die probleem nie, die vraag is,” sê Wiehahn.

Volgens hom is daar tans ’n skema in Amerika om boere aan te moedig om sowat 1 200 ha boorde uit te haal en dit met neute te vervang. Die Amerikaans­e departemen­t van landbou het ook sowat 3 miljoen kartonhoue­rs inmaakvrug­te gekoop om aan voedselske­mas (soos vir skole en tronke) te voorsien. Dit is gelykstaan­de aan sowat 40% van Suid-Afrika se totale produksie.

“Die ander groot faktor wat die Amerikaans­e boer onwinsgewe­nd maak, is sy arbeidskos­te. Perske-produksie is hoogs arbeidsint­ensief en die beskikbaar­heid van arbeid is onder druk weens pres. Donald Trump se arbeidsbel­eid teenoor Mexiko.”

Ná twee misoeste in Griekeland is die Griekse bedryf weer op spoed met ’n goeie gemiddelde oes. Dié land het vanjaar sowat 13,2 miljoen kartonhoue­rs vrugte ingemaak. Griekse produkte ding op dieselfde markte as Suid-Afrika mee. Boonop gaan die Grieke danksy ’n handelsoor­eenkoms vanaf volgende jaar inmaakvrug­te tariefvry aan Kanada lewer. Dit sal hulle ’n voorsprong op die mark gee en ’n invloed hê op Suid-Afrika se verkope.

“Die Grieke gaan egter waarskynli­k aan die einde van die produksiej­aar met voorraad sit, want hulle het nie kontrakte gesluit vir ál die vrugte wat hulle ingemaak het nie. Gegewe Griekeland se ekonomie het hulle ook baie vrugte teen lae pryse verkoop bloot om kontantvlo­ei aan die gang te kry.”

Volgens Wiehahn is daar nie ’n ooraanbod inmaakvrug­te in die wêreld nie. Die swak vraag is die eintlike probleem.

Oor die redes waarom die vraag na inmaakvrug­te krimp, sê hy: “Die wêreld-ekonomiese toestande, veral in die Eerstewêre­ldlande, speel ’n rol. Inmaakvrug­te moet dalk eerder as ’n luukse produk gesien word. Daar is ook nog nie getoets of die gesondheid­swaarde dalk ’n faktor is nie. Dalk is dit die bemarking? Of moontlik is die les dat die verbruik skuif van nageregte na ’n produk vir die voedseldie­nsbedryf, soos die Chinese en ander Oosterse lande dit gebruik.”

China, tans die grootste verskaffer, lewer sowat 27 miljoen kartonhoue­rs inmaakvrug­te. Dit is hoofsaakli­k vir sy eie mark, maar Chinese inmaakvrug­te duik toenemend in ander lande, soos Japan, op.

 ??  ?? lbotha@landbou.com
lbotha@landbou.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa