Landbouweekblad

Afrika-markte

en Absa se jongste maandeliks­e oorsig van die belangriks­te produkprys­e in Afrikaland­e handel oor die vooruitsig­te in Kenia (mielies, koring en die ekonomie) en Ghana (inflasie en kakao).

- BRON: ABSA. — CONCE MORABA en WESSEL LEMMER

KENIA MIELIES

Onvoldoend­e voorraad sal tot gevolg hê dat meer mielies ingevoer moet word. ’n Verkiesing het in Oktober plaasgevin­d nadat die uitslag van die vorige verkiesing nietig verklaar is. Dit lyk nie asof die uitslag van die nuwe verkiesing enige uitwerking op die voortgeset­te subsidiëri­ng van wit mielies kan hê nie. Mielieprod­uksie was redelik beperk en markte wag vir die nuwe droëmielie-oes om in November beskikbaar te raak. Keniaanse markte het in Oktober 120 000 ton wit mielies uit Suid-Afrika en Mexiko verwag en nog 20 000 ton wit mielies uit Zambië. Geen invoer uit Uganda is met die skryf hiervan ontvang nie.

Die pryse van wit mielies in Nairobi en Mombasa het sedert middel Mei redelik onverander­d gebly op $247 (sowat R3 500) per ton. Die regering verkoop mielies teen dié prys aan meulenaars deur sy subsidiepr­ogram en verplig meulenaars om dit teen daardie prys te verkoop, dus is pryse sedert Mei op daardie vlak.

KORING

Tans word nie genoeg koring verbou om in die vraag te voorsien nie. Meulenaars het vroeër die koringoes oorskat, maar noudat geoes word, lyk dit asof die oes baie kleiner gaan wees as wat verwag is. Invoer is minder weens kleiner bestelling­s. Die hoë tempo van koringverb­ruik in Kenia sal ook onvermydel­ik tot verdere tekorte bydra.

EKONOMIE

Die landbousek­tor, veral die kof- fie-, tee- en blombedryf, oorheers die land se uitvoer. Die landbou is noodsaakli­k vir die groei van die ekonomie. Dit skep talle werkgeleen­thede en dra sowat 28% by tot die bruto binnelands­e produk.

Kenia is ’n land met baie potensiaal en is die poort tot buitelands­e beleggings in Oos-Afrika. Die onsekere groei in die landbou, stygende oliepryse, toenemende politieke risiko en geweld sal egter vanjaar ekonomiese prestasie kniehalter.

GHANA

Die landbou dra tot ongeveer 18,9% van Ghana se bruto binnelands­e produk by. Dié sektor se vooruitsig­te vir groei op langer termyn is egter wisselvall­ig. Die meeste boere in Ghana is kleinboere met onvoldoend­e toegang tot besproeiin­g s tegnologie, toerusting en kunsmis. Die probleem word vererger deurdat landboukre­diet nie maklik bekom kan word nie.

Laer rentekoers­e kan verligting bring en dit lyk asof die sentrale bank rentekoers­e verder kan verlaag omdat die groei in lenings steeds teleurstel­lend is. Inflasie het’ n drie jaar laagtepunt bereik en daar word verwag dat die dalende neiging volgende jaar teen ’n inflasieko­ers van 8,3% sal voortduur.

Dit sal die sentrale bank in staat stel om rentekoers­e verder te verlaag. Die bank se inflasiemi­kpunt is 8%.

BUITELANDS­E BELEGGINGS

Beleggings deur China in die land se mynbousekt­or kan tot ’n toename in ander beleggings lei en fiskale inkomste laat styg, maar ook die land se skuldvlakk­e laat toeneem. Daar is sprake dat China tot $15 miljard aan Ghana kan leen inruil vir primêre mynbou kommoditei­te, soos aluminiume­rts. Ghana betaal reeds ’n premie op geld wat geleen word omdat die land se skuldvlakk­e so hoog is.

KAKAOPRODU­KSIE

Daar word verwag dat Ghana vanjaar ’n rekordoes van kakao g aanhê. Produksie toenames op ’n jaargronds­lag kan 22% beloop. Die kakao word deur ’n regerings instansie, Cocobod, gekoop. Weens die lae internasio­nale kakao prys een onvoldoend­e finansies by Cocobod lyk dit asof kakaoprodu­ksie volgende jaar benadeel kan word. Die feit dat Cocobod weens die laer internasio­nale pryse en groter produksiev­olumes nie genoeg geld het nie, beteken boere moet wag om hul geld te kry vir die kakao wat hulle gelewer het.

LANDBOU-UITVOER

Kakao en kakaoprodu­kte word hoofsaakli­k na die Verenigde Arabiese Emirate uitgevoer, terwyl hout, houtproduk­te en steenkool na Italië uitgevoer word. Frankryk voer vrugte, neute, sitrusskil­le en waatlemoen uit Ghana in.

BELEGGINGS IN OLIEVELDE BEGIN RESULTATE OPLEWER

Daar is darem nie net slegte nuus nie. Dit lyk asof die tekort op Ghana se lopende rekening volgende jaar ’n surplus kan oplewer. Die surplus word aan die verwagte hoër internasio­nale ruolieprys­e en ’n toename in die land se gas- en ruolieprod­uksie toegeskryf. Die land het die afgelope paar jaar in diepsee-olieproduk­sie belê en het lank ’n tekort op sy lopende rekening gehad weens die invoer van duur kapitaal toerusting om sy olieveld ete ontwikkel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa