Kies die regte sonneblompitklas
Hoewel sonneblomme met groot sukses verbou word en daar jaarliks baie navorsing oor dié gewas gedoen word, is daar steeds wanbegrip wanneer pitklasse ter sprake kom.
Daar word aanvaar dat groter sonneblompitklasse beter resultate lewer as kleiner pitklasse en dat groter saad vinniger ontkiem en opkom.
Dit klink dalk logies, maar is dit van toepassing op sonneblomsaad?
Kommersiële bastersonneblomsaad in Suid-Afrika word volgens die kultivars se groottes in verskillende pitklasse gegroepeer en verkoop.
SKEI DIE SAAD
Die doelwit is om hierdie pitklasse, waarvan klas 1 die grootste en klas 4 die kleinste is, tydens die verwerkingsproses van mekaar te skei.
Die skeiding word bereik deur die saad oor siwwe met verskil- lende sifgroottes te gooi en in die verskillende pitklasse te skei.
Aangesien elke pitklas aan ’n sekere sifgrootte toegeskryf is, is dit belangrik om in gedagte te hou dat die saad se “skouerbreedte” — en nie die lengte van die saad nie — bepaal in watter pitklas die saad val.
Wanneer die morfologiese aspekte van sonneblomsaad bestudeer word, moet die volgende aspekte in gedagte gehou word:
Daar word na sonneblomsaad verwys as ’n vrug wat bestaan uit ’n saadjie binne die perikarp of dop. Uit die foto op die volgende bladsy kan ’n mens sien dat die dop rondom die saad voorkom, met lugruimtes tussen die dop en die saad.
’n Dun vliesie, wat bekend staan as die testa, is ook direk om die saad sigbaar.
Die verskil in vruggrootte (saad) word bepaal deur die dop. Groot sade het ’n dik dop met groot lugruimtes, terwyl kleiner sade dun doppe het met kleiner lugruimtes.
Klein sade kan dus vinniger ontkiem en opkom omdat dit in nouer kontak is met die grondwater, wat baie voordelig kan wees as die grondwaterinhoud laag is. Groot sade kan weer sterker saailinge lewer omdat meer voedselreserwes in die saadlobbe beskikbaar is.
Vir ontkieming moet die saad water deur die dop tot in die lugruimtes absorbeer. Sodra die
Navorsing toon dat kleiner sonneblompitklasse hoër kiemkragtigheid besit en die vermoë het om vinniger op te kom as groter pitklasse.
lugruimtes met water gevul is, kan die saad water absorbeer deur die proses van imbibisie. Tydens dié proses vind gaswisseling ook tussen die saad en die grond plaas. Dik doppe, soos in die geval van groot sade, kan tot gevolg hê dat gaswisseling stadiger plaasvind, wat ontkieming kan vertraag.
Die proses van ontkieming en saailingvestiging is die belangrikste fase vir optimale sonneblomproduksie. Die sukses van hierdie proses sal ’n regstreekse invloed op die sonneblomplantestand en winsmarges hê.
Navorsing toon dat kleiner sonneblompitklasse hoër kiemkragtigheid besit en die vermoë het om vinniger op te kom as groter pitklasse. Aangesien plaaslike produksietoestande in planttyd selde ideaal is en sonneblomsaad nie dieper as 50 mm geplant moet word nie, is ideale grondvog in die sonneblomsaadbed van korte duur. Laasgenoemde punt moet dus sterk in ag geneem word as die boer oor pitklasse besin vir die komende produksiejaar. Mnr. Joubert Swanepoel is sonneblomgewasbestuurder by Agricol en me. Lize Henning is ’n senior beampte: vakkundige dienste by die Universiteit van die Vrystaat. NAVRAE: Mnr. Joubert Swanepoel, e-pos: JSwanepoel@ agricol.co.za