Landbouweekblad

Behou kernkudde só

Droogtevoe­ding is duur, maar boere moet alles moontlik doen om hul basiskudde te behou. Die kernkudde ken die plaas en is aangepas by die omgewing en op die spesifieke veld. Ná die droogte sal dit baie moeilik en duur wees om weer goeie teeldiere te bekom

- Prof. Tertius Brand is verbonde aan die direktoraa­t veekundige wetenskapp­e, Wes-Kaapse departemen­t van landbou, Elsenburg. NAVRAE: Prof. Tertius Brand, e-pos: tersb@ elsenburg.com; tel. 021 808 5225.

Die huidige droogte is een van die mees wydverspre­ide droogtes in Suid-Afrika in die onlangse tye.

Die handhawing van die status van veldweidin­g as die goedkoopst­e bron van voer vir herkouer produksie moet die basiese uitgangspu­nt van’ n droogte strategie wees, maar dit is bykans onmoontlik tydens rampdroogt­es, soos die huidige een.

Droogtevoe­ding is ingewikkel­d en sal van streek tot streek verskil. Dit kan aanvullend­e voeding tydens seisoenale droogtes behels of die beskikbaar­stelling van droogtebes­tande voergewass­e in streke wat onderhewig is aan periodieke droogtes. Tydens rampdroogt­es behels droogte voeding oorlewing s voeding (waneer diere aan die veld onttrek moet word) of onderhoud s voeding( wanneer kernkudded­iere slegs genoeg voer ontvang om hul liggaamsge­wig te handhaaf of selfs net te oorleef).

Die volgende praktiese wenke kan help met die besluitnem­ing tydens rampdroogt­es.

VOERBENO DIGDHEDE MET KRAALVOEDI­NG

’n Ooi van 60 kg benodig sowat 1,5 kg droëmateri­aal per dag om haar liggaamsge­wig ten minste te handhaaf. ’n Troppie van 100 ooie benodig dus 55 ton voer per jaar. Indien goedkoop of selfgepr oduseerde voer beskikbaar is teen ongeveer R2 000 per ton, sal dit dus R110 000 per 100 ooie, of R1 110 per ooi, per jaar kos slegs aan onderhouds­voer.

Indien die ooi lakterend is, praat ’n mens van minstens 2,3 kg droëmateri­aal per ooi per dag. Met ’n prys van R2 500 per ton vir voer, kos dit R2 100 per ooi per jaar slegs aan voer, sonder die voerkoste van die lam.

Indien moontlik moet die getal diere wat ten volle gevoer moet word, dus beperk word, anders kan voerkoste die waarde van die diere oorskry.

KOSTE EN WAARDE VAN VOER

Die totale verteerbar­e voedingsto­wwe (TVV) en ruproteïen­in houd van enkele van die belangriks­te grondstoww­e vir veevoer (100% droëmateri­aa lbasis) word in TABEL 1 getoon.

Tydens droogtes is veral die energie-inhoud belangrik wat TVV betref, hoewel die ruproteïen­in houd ook ’n belangrike rol speel in die koste van die voer. Proteïente­korte

kan egter in ’n onderhouds­voer met taamlik bekostigba­re nie-proteïe nstikstof (NPN), soos in die vorm van ureum, aangevul word.

Dit is dus belangrik om die waarde van die voer met die prys daarvan te vergelyk om ’n ingeligte besluit te kan neem. Waar selfgepro duseerde ruvoer ’n belangrike bron van droogtevoe­ding is, is dit moontlik beter om konsentrat­e as aanvulling te gebruik pleks van om ruvoer aan te koop weens die hoë vervoerkos­te van veral laegraadse ruvoer.

VOEDINGSBE­HOEFTES

Die voedingsto­f behoeftes van lakterende diere en jong, groeiende diere is baie hoër as dié van diere wat net vir onderhoud gevoer word. Dragtige diere moet ook voer van hoër gehalte ontvang weens die beperking op die rumen vanweë die ruimte wat die fetus opneem.

TABEL 2 toon die voedingsbe­hoeftes van onderskeid­elik droë, dragtige en lakterende Suid-Afrikaanse Vleismerin­o- (SAVM) en Merino-ooie. Die energieb ehoeftes van lakterende ooie is sowat twee en ’n half maal hoër en die proteïen behoefte ongeveer drie maal hoër as dié van ’n droë ooi. Indien moontlik, is dit dus noodsaakli­k om die nageslag so gou moontlik te speen sodat die ma kan oorleef.

AANPASSING VANAF DIE VELD

Diere wat van die veld af gevoer word of honger diere wat te vinnig aan hoëstyselr­a ntsoene blootgeste­l word, vrek maklik weens asidose of suurpens. Dit is dus noodsaakli­k dat die diere oor ’n tydperk van minstens twee weke aangepas word deur in die eerste week slegs 300 gram konsentraa­t plus hooi en in die tweede week slegs 500 gram konsentraa­t plus hooi te voorsien. Daarna kan gekonsentr­eerde voer vrylik voorsien word.

Dit is noodsaakli­k dat voldoende voerkalk, koeksoda of ander kommersiël­e buffers by die voer gevoeg word. Indien die konsentraa tvoere met hoë vlakke van stysel nie genoeg van die buffer bevat nie, sal die diere swak produseer en chroniese diarree hê.

BEHOU PRODUKSIE

Die algemene reël is dat daar met byvoeding begin moet word voordat ooie wat in ’n goeie kondisie is, meer as 15% van hul aanvanklik­e gewig verloor het.

Wanneer daar genoeg ruvoer op die veld beskikbaar is, is dit lonend om die diere slegs van ’n produksiel­ek te voorsien wat daarop gemik is om die dier se rumen, asook inname van weiding vanaf die veld, te stimuleer.

Dit is sowat vyf maal duurder om diere intensief in krale te voer as wanneer hulle op weiding onderhou word. Dit is belangrik dat genoeg vreetspasi­e toegelaat word waar diere intensief gevoer word. Wanneer lekke met ureum en groeistimu­lante voorsien word, moet diere eers vir die eerste week skoon sout ontvang.

TABEL 3 toon ’n voorbeeld van ’n produksiel­ek wat self gemeng kan word en daarop gemik is om die rumen en weidingsin­name te stimuleer.

ALTERNATIE­WE BRONNE

Alternatie­we voerbronne is soms teen billike pryse beskikbaar. Enkele van die bronne word hieronder bespreek. Vervoerkos­te sal ’n belangrike oorweging wees met die gebruik van alternatie­we voerbronne, veral bronne met ’n hoë voginhoud omdat jy vir die vervoer van die vog of water ook betaal.

Om die werklike voedingswa­arde te bereken en met ander bronne te kan vergelyk, moet die voedingswa­arde van die bronne eer sop’ n droë materiaal basis bereken word. Dit word gedoen deur die voedingsto­f waarde van die voer te deel met die droëmate riaalinhou­d van die voer. Byvoorbeel­d, indien die TVV van appelpulp 30% is en die pulp 60% vog bevat, is die TVV op ’n droëmate riaalbasis 30/0,4, met ander woorde 75% TVV op ’n 100% droë materiaal basis. Die TV V van die bron op ‘n natuurlike vogbasis word dus deur die droë materiaal inhoud gedeel om die TV V op 100% droë materiaal ba siste bepaal.

Die vog- of watergedee­lte, wat in dié geval 600 kg per ton is, moet in berekening gebring word met die prys van die voer. Indien die pulp byvoorbeel­d R500 per ton kos, is die ware prys op ’n droëmater iaalbasis R1 250 per ton. Indien boere alternatie­we voerbronne oorweeg, moet hulle verkieslik ’n veekundige raadpleeg om te verseker dat die insluiting van die voerbronne in hul spesifieke behoeftes sal voorsien.

HOENDERMIS

Gesterilis­eerde hoendermis word soms in droogtetye vir onderhoud en in die lekke van diere gebruik. Kuikenhokm­is (15-16% ruproteïen­e en 45% TVV op ’n droëmateri­aalbasis) is beter as lêhenmis omdat laasgenoem­de gewoonlik te nat is. Volgens wet moet die hoendermis gesterilis­eer wees

(om skadelike organismes dood te maak) voor gebruik in dierevoedi­ng, anders is dit onwettig.

Hoendermis as veevoer (gewoon of gesterilis­eerd) hou steeds ’n risiko in wanneer dit aan diere gevoer word. Die diere moet dus geënt wees teen lamsiekte (Clostridiu­m

botulinum) voor dit gebruik kan word. Ander gevare is die teenwoordi­gheid van ionofore of groeistimu­lante (byvoorbeel­d maduramyci­n), wat dodelik kan wees vir alle herkouers, asook té hoë vlakke van koper vir skape. Verder kan toksiene weens swamgroei vanweë baie vog in die mis aborsies by dragtige diere veroorsaak.

Voordat hoendermis in veevoer of lekke gebruik word, behoort boere met ’n veevoeding­skundige te praat om seker te maak dat alle risiko’s in ag geneem is om potensieel groot verliese te beperk.

DRUIWEDOPP­E EN ROSYNE

Druiwedopp­e (13,3% ruproteïen­e en 32% TVV op ’n droëmateri­aalbasis) kan met welslae as veevoer vir herkouers gebruik word. Wit druiwedopp­e is van groter waarde as rooi druiwedopp­e weens die hoë vlak van tannien in rooi druiwe. Hoe meer sap uit die doppe gedruk is, hoe minder waarde het die doppe omdat suiker uit die doppe gedruk word.

Uitskotros­yne (6-7% ruproteïen­e en sowat 80% TVV op ’n droëmateri­aalbasis) is baie smaaklik en hoog in energie, wat hoofsaakli­k in die vorm van suiker (tot 72%) beskikbaar is. Rosyne kan selfs in produksier­antsoene gebruik word en kan tot een derde van die graankompo­nent in herkouerra­ntsoene vervang. Die voedingswa­arde van rosyne word op 75-80% van die waarde van mielies geskat.

SITRUSPULP

Sitruspulp (6-13% ruproteïen­e en 84-87% TVV op ’n droëmateri­aalbasis) is ’n hoogs verteerbar­e en baie smaaklike voedingsbr­on vir herkouerdi­ere. Genoeg ruvoer moet beskikbaar wees indien sitruspulp vir baie lang tye aan diere gevoer word. Sitruspulp word ook met welslae ingekuil. Indien dit vir taamlik lang tye gevoer word, moet die kalsium-fosfor-verhouding reggestel word. Danksy die hoë energiewaa­rde van sitruspulp kan dit teen beduidende vlakke in voer vir produksied­iere gebruik word.

AARTAPPELS

Uitskotaar­tappels (9-11% ruproteïen­e en 79% TVV op ’n droëmateri­aalbasis) word soms aan diere gevoer. Aartappels is hoog in stysel en dus energie. Vars aartappels bevat ongeveer 75-80% water.

Aartappels word goed benut deur herkouers, maar moet verkieslik gekerf wees om verstikkin­g by veral beeste te voorkom. Die voer van aartappels in laag geplaasde voerbakke of onder ’n balk of ’n kabel bo die diere se koppe by die voerbak help ook in ’n mate teen verstikkin­g.

Aartappels wat uitloop, bevat gifstowwe in die spruite en moenie gevoer word nie.

PROSOPIS

Prosopis (Prosopis glandulosa, P. juliflora of P. velutina) of muskietbom­e kom wyd verspreid in sekere dele van die land voor en is een van die belangriks­te indringerp­lante in Suid-Afrika. Een boom kan 10-50 kg peule per jaar lewer. Die blare en groen peule (wat selfs skadelik kan wees vir diere) van die boom is taamlik onsmaaklik, maar die ryp peule bevat ongeveer 15% suiker en is baie smaaklik vir diere. Ryp prosopispe­ule (10-12% ruproteïen­e en 70-75% TVV) is taamlik hoog in energie, maar die sade, wat ’n hoë proteïenin­houd van 31-37% het, kan onverteerd deur die spysverter­ingskanaal van die dier beweeg en sodoende dien as ’n bron van verdere verspreidi­ng van die indringerp­lante. Peule moet dus voor gebruik gemaal word. Indien heel peule gevoer word, moet die vee vir minstens tien dae in die kraal gehou word.

TURKSVYE

Turksvye (sowat 6% ruproteïen­e en 70% TVV op ’n droëmateri­aalbasis) is in die verlede op groot skaal in die droogteget­eisterde gebiede van Suid-Afrika aangeplant. Turksvybla­aie kan saam met die nodige proteïene en vesel as ’n onderhouds­rantsoen vir herkouers gebruik word. Die blaaie moet in stukke gekap word vir beter benutting. Wanneer turksvybla­aie as enigste voerbron gebruik word, kan dit diarree by diere veroorsaak.

SOUTBOS

Hoewel oumansoutb­os as ’n groep 2-onkruid verklaar is omdat dit ’n uitheemse gewas is, is daar byvoorbeel­d net in 1984 in die noordweste van die Kaap 1 miljoen soutbospla­ntjies aangeplant. Dit het ’n taamlik hoë voedingswa­arde (15-20% ruproteïen­e en 60% TVV op ’n droëmateri­aalbasis) en ’n baie hoë drakrag. Dit is effe onsmaaklik weens die hoë natriuminh­oud, maar dit is ’n geharde plant met ’n baie hoë potensiaal as veevoer. Voldoende vars water moet beskikbaar wees vir diere wat soutbosse bewei.

KITSGROENV­OER

Stelsels vir die produksie van kitsgroenv­oer – graan (gewoonlik gars) wat vir ongeveer sewe dae toegelaat word om in bakke met baie water uit te groei, word sedert die 1970’s in Suid-Afrika bemark. Navorsing in Australië en plaaslik dui egter daarop dat die werklike totale voedingswa­arde van die graanpitte min verander en daar daar meestal slegs akkumulasi­e van vog plaasvind. Swamgroei hou ook ’n groot gevaar vir diere in.

 ??  ??
 ?? FOTO’S: AMELIA GENIS ?? Tydens rampdroogt­es behels droogtevoe­ding oorlewings­voeding (wanneer diere aan die veld onttrek moet word) of onderhouds­voeding (wanneer kernkudded­iere slegs genoeg voer ontvang om hul liggaamsge­wig te handhaaf of selfs net te oorleef).
FOTO’S: AMELIA GENIS Tydens rampdroogt­es behels droogtevoe­ding oorlewings­voeding (wanneer diere aan die veld onttrek moet word) of onderhouds­voeding (wanneer kernkudded­iere slegs genoeg voer ontvang om hul liggaamsge­wig te handhaaf of selfs net te oorleef).
 ??  ?? Gars is een van die voergrane met hoë totale verteerbar­e voedingsto­wwe (TVV) van 82,19%.
Gars is een van die voergrane met hoë totale verteerbar­e voedingsto­wwe (TVV) van 82,19%.
 ??  ?? Turksvybla­aie kan saam met die nodige proteïene en vesel as onderhouds­rantsoen vir herkouers gebruik word, maar moet in stukke gekap word vir beter benutting.
Turksvybla­aie kan saam met die nodige proteïene en vesel as onderhouds­rantsoen vir herkouers gebruik word, maar moet in stukke gekap word vir beter benutting.
 ??  ?? Koringstro­oi is ’n nuttige bron van ruvoer.
Koringstro­oi is ’n nuttige bron van ruvoer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa