Landbouweekblad

Briewe

- Bellville

Die Olifantsri­vier-veteranekl­ub het op ’n onlangse ploegdag sy 15de verjaarsda­g gevier. Vanjaar se tema was ysterwiele.

Altesame 25 trekkers is ingeskryf. Vyf trekkers het veral uitgestaan (van links op die

foto). Die oudste ysterwiele in die Wes-Kaap behoort aan mnr. Johnny Verreynne van Montagu. Dit is ’n 1923 Fordson. Die 1929 McCormick-ysterwiel behoort aan mnr. Jan Burger van Citrusdal. Hy het dit uit ’n sandbank uit ’n rivier gehaal en gerestoure­er. Dit is ’n baie getroue weergawe. Die 1929-1934 McCormick-ysterwiel behoort aan mnr. Johan Smit van Clanwillia­m en is nog nie gerestoure­er nie. Die 1934 Lanz-kruiper is die enigste een in Suid-Afrika wat in so ’n puik toestand is. Die 1949 Ferguson is met ysterwiele aangepas en behoort aan mnr. Freddie Truter van Malmesbury. NICO LUBBE

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa