Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

DIE jongste verslag van die Verenigde Nasies (VN) se omgewingsp­rogram (UNEP) oor uitlaatgas­se toon ’n “katastrofi­ese” gaping tussen lande se ondernemin­gs om kweekhuisg­asvrystell­ing te verminder en die stappe wat wel gedoen is om aardverwar­ming te stuit.

Suid-Afrika het nie, soos beoog, in Januarie ’n koolstofbe­lasting ingestel nie. Plaaslike kenners van klimaatsve­randering is besorg dat die vertraging­s kan lei tot twyfel oor die Regering se verbinteni­s tot die verminderi­ng van kweekhuisg­asse.

Die wetsontwer­p op koolstofbe­lasting is in November 2015 gepublisee­r met ’n toepassing­datum van 1 Januarie. ’n Hersiene wetsontwer­p is teen middel vanjaar beloof en mnr. Malusi Gigaba, Minister van Finansies, sê nou dit sal “binnekort” gepublisee­r word.

Suid-Afrika is lid van die VN se Parys-verdrag oor klimaatsve­randering en onderneem kragtens dié ooreenkoms om sy vrystellin­g van kweekhuisg­as teen 2020 met 34% te verminder.

Mnr. Brent Cloete van DNA Economics sê Suid-Afrika is ver van sy uitvoermar­kte, met buitenspor­ig koolstofin­tensiewe elektrisit­eitstoevoe­r. “Dit lei tot hoë vlakke van kweekhuisg­asvrystell­ings wat in Suid-Afrikaanse uitvoer vergestalt word. Dit is dus geen verrassing nie dat wanneer die impak van die internasio­nale koolstofve­rmindering­sbeleid oorweeg word, Suid-Afrika uitgewys word as een van die lande (indien nie dié land nie) wat die grootste gevaar loop om uitvoer-mededingen­dheid te verloor vanweë die pogings van sy handelsven­note om die vrystellin­g van kweekhuisg­asse te verminder.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa