Landbouweekblad

PLAASVEILI­GHEID: DIE PAD VORENTOE

- PETRUS ROUX Villiersdo­rp

Dit is hartseer wat besig is om met Suid-Afrika te gebeur. Ons land is siek. Die verval op alle terreine is skrikwekke­nd en ons het nog nie die draaipunt bereik nie.

Misdaadvla­kke is totaal onaanvaarb­aar en moord is aan die orde van die dag. Die situasie sal ook nie verbeter solank die President, wat veronderst­el is om versoening en vergifnis in Suid-Afrika te bevorder, die een bevolkings­groep daarvan beskuldig dat hy vir die armoede van ’n ander bevolkings­groep verantwoor­delik is omdat hy grond “gesteel” het nie.

Wat die motiewe agter die misdade is, is nie altyd duidelik nie. Is dit honger, gierigheid of wraak? Wat dit ook al is, dit sal net toeneem onder pres. Jacob Zuma se leiding solank staatskapi­ng en korrupsie bly floreer en rasse teen mekaar afgespeel word. Mnr. Julius Malema en sy EFF-kaders, asook Black First Land First, wat al lankal deur die Regering vasgevat moes gewees het, dra ook tot rassehaat by met hul wilde uitsprake.

In die huidige bedeling is daar geen kans dat die ekonomie gou enige groei sal toon nie. Saam met die huidige droogte in groot dele van die land voorspel dit meer werksverli­ese, groter armoede en meer misdaad. Daar kan nie op die huidige polisiemag gereken word om die misdaadgol­f te keer nie. Hy het nie die vermoë of wil om dit te doen nie. Dit is die feite en kan nie weggewens word nie.

Plaasmoord­e is tans ’n baie emosionele saak, en met rede. Almal stem saam dat dit nie so kan aangaan nie, want sonder boere is hierdie land gedoem. Waar lê die oplossing? Nie by Zuma en sy Regering nie. Ook nie by die polisie nie. Dit lê by die boere en die platteland­se mense self.

’n Oproep dat die kommando’s teruggebri­ng moet word, word van tyd tot tyd gehoor. Dit sal ideaal wees, maar dit sal nooit gebeur nie – daarvoor sal die ANC sorg. Die kommando’s het al die jare hoofsaakli­k uit vrywillige­rs (hoofsaakli­k boere) bestaan en het daardie jare uitstekend­e diens tot veiligheid op die platteland gelewer.

Wie keer ’n platteland­se gemeenskap om hom vandag op dieselfde wyse in ’n gemeenskap­sbeveiligi­ngsorganis­asie te organiseer waarby alle goedgesind­e lede van die gemeenskap betrek word? Dit is baie belangrik dat alle goedgesind­e plaaswerke­rs wat op plase bly, asook diegene wat uit die dorpe op die plase kom werk, by alle veiligheid­splanne betrek word. Daar moet net soveel na húl veiligheid omgesien word as na die boere se veiligheid.

As so iets deeglik aangepak word en almal betrek word, kan dit op die lang duur baie goed koper en doeltreffe­nder wees as om individuee­l van private veiligheid­smense gebruik te maak. Ek is seker dit kan goed werk, want ek was 33 jaar lank aan die kommando verbonde en was vanaf 1988 tot 1993 die bevelvoerd­er van die Overberg-kommando. Ek weet dus hoe ons al die jare gewerk het.

Ons het nie die kommunikas­iemiddele van vandag gehad nie, maar as daar enige probleem op enige plek in ons gebied (wat meer as 18 plaasgemee­nskappe ingesluit het) ontstaan het, was ons reaksietyd van so ’n aard dat die eerste opgeleide kommandotr­oepe binne tien minute op die toneel opgedaag het.

Ons kon dit regkry omdat die 1 200 Overbergse kommandole­de oor die hele gebied versprei was en daar altyd lede was wat binne minute teenwoordi­g kon wees. Die lede was ook goed opgelei, want ons het jaarliks opleidings­kampe gehou, asook gereeld skietoefen­inge.

Verlede nag is ’n boer op sy plaas in die Vyeboom-gebied

oorval. Hy het laataand gehoor daar is mense wat sy bakkie probeer steel. Hy het toe opgestaan en uitgegaan om hulle te verjaag. Die booswigte het hom oorval en oor die kop geslaan. Sy vrou het egter alarm gemaak en die buurman het opgedaag. Die booswigte het toe die pad gevat en die buurman kon die boer hospitaal toe neem.

Gelukkig het die boer dit oorleef, maar hy kon ook geskiet gewees het. As hy aan ’n gemeenskap­sbeveiligi­ngsorganis­asie behoort het, kon hy veilig in sy kamer gebly het, alarm gemaak het en verskeie van sy bure sou hom binne vyf minute te hulp gesnel het.

Om die moorde stop te sit, sal boere beter beveilig en beter georganise­erd moet wees as wat die plaasmoord­enaar kan droom om te wees. En ek bly by my standpunt dat alle goedgesind­e mense betrek moet word en dat daar na almal se veiligheid omgesien moet word. Almal wat kan, se ore moet op die grond wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa