Landbouweekblad

AGRI SA BAKLEI VOORT TEEN GAS-EKSPLORASI­E

- — MARLEEN SMITH

AGRI SA het appèl aangeteken teen omgewingsm­agtigings aan die petrochemi­ese maatskappy Rhino Oil and Gas vir uitgebreid­e eksplorasi­e vir olie en gas.

Dié magtigings, wat mnr. Mosebenzi Zwane, Minister van Minerale Hulpbronne, op 2 Oktober toegestaan het, beteken nie Rhino mag nou met eksplorasi­e begin nie, maar is ’n voorvereis­te vir die toestaan van uiteindeli­ke eksplorasi­eregte.

Só sê mnr. Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA.

Rhino se beoogde eksplorasi­e strek oor altesaam 2,4 miljoen hektaar in die Vrystaat, Noordwes, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

Die omgewingsm­agtigings is ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsb­estuur deur Zwane

uitgereik, maar die appèlle daarteen moet vir beslissing na me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsa­ke, gaan, sê Rabie.

Haar beslissing behoort teen vroeg volgende jaar bekend gemaak te word. As die appèlle nie slaag nie, het Agri SA ook die opsie om hom tot die hof te wend om eksplorasi­e te stuit, sê hy.

KOMMER VOORTYDIG

Rabie meen kommer oor of die omgewingsm­agtigings beteken dat chemiese mengsels wat die Karoo se skaars waterbronn­e kan besoedel, byvoorbeel­d nou

in boorgate gegooi mag word om eksplorasi­e te doen, in hierdie stadium voortydig is.

“Geen fisieke eksplorasi­e mag plaasvind voor die appèlle afgehandel is nie. Daar is dus in hierdie stadium geen sprake daarvan nie,” sê Rabie.

Agri SA het boere vroeër gewaarsku dat eksplorasi­e-aansoeke vir skaliegas vanaf die heel eerste fase beveg moet word, want dit kan maklik outomaties tot hidrobreki­ng lei.

Dit was te midde van berigte dat die Petroleuma­gentskap van Suid-Afrika (Pasa) op die punt is

om sy eerste aanbevelin­gs oor die toestaan van eksplorasi­epermitte vir skaliegas te gee.

’n Reeks petrochemi­ese maatskappy­e, onder wie Rhino, het reeds om eksplorasi­eregte in elke provinsie van Suid-Afrika aansoek gedoen. Dit sluit groot dele van onder meer die Kalahari, die Waterberge, Noordwes, die Vrystaat en die Karoo in.

Agri SA se raad aan grondeiena­ars wat deur sulke aansoeke geraak word, is om dadelik Agri SA of hul provinsial­e landbouorg­anisasies om hulp te kontak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa