Landbouweekblad

Boere moet politiek kan praat

- — ROELOF BEZUIDENHO­UT

DIE toekoms van die wildbedryf lyk tans nog veilig, maar dit is belangrik dat dit op ’n volhoubare manier bestuur word en dat wildboere se boodskap verstaanba­ar aan die politici oorgedra word.

Dít was die ekoloog mnr. Dave Pepler se boodskap op Wildbedryf SA (WRSA) se Oos-Kaapse Wildboer van die Jaar-prysuitdel­ing op Jeffreysba­ai.

Pepler sê dit is onbillik om te verwag dat politici die omgewing moet verstaan soos wat ’n wetenskapl­ike dit verstaan. Net so sal dit onbillik wees om te verwag dat ’n ekoloog politiek moet verstaan.

Volgens hom behoort organisasi­es, soos WRSA, kundiges op te lei om namens die bedryf op ’n politieke vlak te kan kommunikee­r.

WAARDE VAN WILD

“Daar is geen twyfel dat jag ’n rol speel in volhoubare bewaringsp­raktyke

nie, maar die grootste ekologiese doelwit bly om die unieke plek van elke organisme in die omgewing te begryp,” sê hy.

“Die muskiet en die miskruier, byvoorbeel­d, het elkeen aangepas by sy omgewing. Al is hulle so klein, speel elkeen ’n rol in die funksioner­ing van die ekostelsel. Ons het geen benul wat die gevolge sal wees as een van dié spesies uitsterf nie.”

Pepler het wildboere ook gemaan om mooi te besin oor die moontlike impak van genetiese modifikasi­e op die bedryf.

“Genetika is ’n gewilde bespreking­spunt met baie plase wat klem lê op die teling van uitstekend­e diere. Tans word CRISPR (Clustered Regularly Interspace­d Short Palindromi­c Repeat) in die menslike gesondheid­sveld ingespan. Dit is ’n tegniek waarmee spesifieke gene in ’n organisme verander kan word. Wildboere moet nou al besluit of dit ’n probleem kan word vir hulle en indien wel, hoe gou dit kan gebeur.”

2017 SE WENNERS

Mnr. Richard Morton, 2016

se Oos-Kaapse Wildboer van die Jaar, het gesê groot dinge is moontlik vir boere wat passievol daaroor is om diere op ’n etiese manier te teel en te bemark.

Mnr. Warrick Barnard van Woody Cape Wildlife is vanjaar se Wildboer van die Jaar en mnr. Johan Bouwer (L’Ormarins Farms) was die Bewaringsw­ildboer van die jaar. Me. Katjana Ott (Glen Harry-wildreserv­aat) is die Wildteler van die Jaar en mnr. Loodt Büchner (Tootabi Hunting Safaris) is die Wildondern­emer van die Jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa