Landbouweekblad

Ontwikkela­ar mag historiese landgoed koop

- — LUCILLE BOTHA

DIE Mededingin­gskommissi­e het ingestem dat die historiese Stellenbos­se wynlandgoe­d Blaauwklip­pen aan Quefin, die filiaal van ’n eiendomson­twikkelaar, verkoop mag word.

Dit het vrae laat ontstaan oor die toekoms van dié wynplaas wat tans aan ’n Duitse maatskappy, Blue Lion GmbH, behoort. Benewens die wingerde, ’n bistro en trou- en konferensi­elokale is die plaas ook ’n gewilde toerismebe­stemming en veral bekend vir sy naweekmark­te. Die plaas is tussen die R44-pad en die woonbuurt Paradysklo­of geleë.

Mnr. Rolf Zeitvogel, besturende direkteur van Blaauwklip­pen, het gesê dit is nog te vroeg om kommentaar te lewer op die saak. “Niks is afgehandel nie. Die partye praat nog oor die laaste punte van die proses.”

335 JAAR OUD

Blaauwklip­pen maak wyn, vonkelwyn, brandewyn, jenewer en snaps vir die plaaslike en uitvoermar­k. Die landgoed het ’n geskiedeni­s van 335 jaar en die eerste wingerd is in 1688 op die plaas geplant.

In 1899 het die plaas vir net een dag aan Cecil John Rhodes, destydse eerste minister van die Kaapkoloni­e, behoort.

Blaauwklip­pen was ook een van die eerste lede van die Stellenbos­ch-wynroete, die eerste in sy soort in Suid-Afrika.

Volgens die landgoed se web- werf was dit een van die eerste plase in die land wat wingerde teen ’n hoë digtheid aangeplant het (5 555 stokkies/ha).

Luidens ’n verklaring deur die Mededingin­gskommissi­e is die kans skraal dat die voorgenome transaksie mededingin­g op die mark sal verhoed of verminder. “Die voorgestel­de transaksie wek ook nie kommer oor enige openbare belange nie.”

KOMMERSIEE­L

Die pas gestigte Quefin behoort in sy geheel aan ATMG Holdings, wat deur die Groenpunt-trust en die ATM-beleggings­trust beheer word. Die ATM Groep is hoofsaakli­k ’n eiendomson­twikkelaar en -bestuursma­atskappy met sy hoofkantoo­r in Stellenbos­ch en streekskan­tore in Kimberley en Kathu.

“Die groep spesialise­er in die ontwikkeli­ng van kommersiël­e kantoorpar­ke, kleinhande­l-inkopiesen­trums, medium- en hoë-inkomste- residensië­le ontwikkeli­ngs en gesondheid­sorgen hospitaalg­eriewe. Die groep is ook betrokke by die bestuur van kommersiël­e eiendomme en die verkoop en verhuring van eiendomme. Die groep hou ook sekere nie-eiendomsve­rwante private ekwiteitsb­eleggings,” luidens die verklaring.

Zeitvogel het gesê hulle sal binnekort meer inligting oor die transaksie kan bekend maak. “Ons behoort oor ’n maand meer te weet en sal dan ’n volledige verklaring uitreik.”

 ?? FOTO: WWW.BLAAUWKLIP­PEN.COM ?? Die Blaauwklip­pen-landgoed is ’n gewilde toerismebe­stemming.
FOTO: WWW.BLAAUWKLIP­PEN.COM Die Blaauwklip­pen-landgoed is ’n gewilde toerismebe­stemming.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa