Landbouweekblad

HIER IS HULP VIR KAROOBOERE

- — AMELIA GENIS NAVRAE: Mnr. Joseph Steyn, sel 083 388 8763.

DIE jarelange droogte in die Karoo dreig om langtermyn­trauma by boere en hul gesinne te veroorsaak en kan meebring dat hulle moedeloos raak.

Om die boere te help en te ondersteun, bied LandCare, ’n afdeling van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou se direktoraa­t vir volhoubare hulpbronbe­stuur, ’n droogtehul­pwerksessi­e op Prins Albert aan.

Alle Karooboere is welkom om dié werksessie op Dinsdag 28 November op die skouterrei­n op Prins Albert by te woon.

Die sprekers, met die tema van hul praatjies tussen hakies, is dr. Louis du Pisani van die Nasionale Wolkwekers­vereniging (Wat kan jy aan die droogte doen?), me. Helene Smit, ’n traumabera­der van Prins Albert (Wat kan die droogte aan jou doen?), prof. Sue Milton van Renu-Karoo, Prins Albert (Wat doen die droogte aan die veld en wat lê vir ons voor?), me. Phyllis Pienaar van LandCare op Beaufort-Wes (Hoe doen jy aansoek om droogtehul­p?) en prof. Beatrice Conradie van die Universite­it van Kaapstad (Wat doen die droogte aan die gemeenskap?).

Bywoning is gratis en middagete, tee en koffie sal aan boere verskaf word.

Registrasi­e is vanaf 08:00 en die werksessie begin om 08:50 met ’n verwelkomi­ng deur mnr. Francis Steyn, hoof van LandCare in die Wes-Kaap.

Landbouwee­kblad ondersteun die werksessie as mediavenno­ot.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa