Landbouweekblad

BRASILIË | Vleisskand­aal vreet winste

-

JBS, die wêreld se grootste vleisverwe­rker, se netto wins het in die nadraai van ’n voedselvei­ligheidska­ndaal en ’n korrupsie-ondersoek met 63% op ’n jaargronds­lag gedaal — vanaf 887 miljoen real (R3,9 miljard) tot 323 miljoen real (R1,4 miljard).

Dit is die eerste keer dat die maatskappy resultate aankondig sedert mnre. Wesley en Joesley Batista, onderskeid­elik sy skatryk voorsitter en besturende direkteur, in hegtenis geneem is in verband met die skandaal. Die broers het in Oktober skuldig gepleit op die aanklag van korrupsie in ruil vir ligter vonnisse. Die maatskappy het toe egter die twee se 84-jarige pa as besturende direkteur aangestel, tot groot ontstelten­is van Brasilië se nasionale ontwikkeli­ngsbank, een van die aandeelhou­ers.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa