Landbouweekblad

2 HONGKONG | Inspeksies kort aandag

-

Die Hongkongse ombudsman sê dié stadstaat se doeane-inspekteur­s is gans te haastig met hul inspeksies van vars produkte wat die grens per land en see oorsteek. Die ombudsman het bevind hoewel 80% van die ingevoerde vars produkte per see ingevoer word, is inspeksies slegs gedoen wanneer die departemen­t van gesondheid vooraf waarskuwin­gs van potensiële probleme ontvang het. Die ombudsman verwelkom ’n proeflopie van die owerhede om invoerders se pakskure te inspekteer en beveel aan dat amptenare duideliker instruksie­s kry oor hoe om toetsmonst­ers in te samel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa