Landbouweekblad

AMERIKA | Moet plase gasse aanmeld?

-

Vee- en pluimveebo­ere het verlede week asem opgehou oor of ’n reël ingestel gaan word of nie dat sekere plase minstens een maal per jaar aan die Amerikaans­e omgewingsb­eskermings­agentskap (EPA) moet verslag doen oor hoeveel ammoniak of waterstofs­ulfied hulle vrystel.

Die wet raak na raming 60 000 tot 100 000 plase wat 100 pond (45,5 kg) of meer van dié gasse per dag vrystel.

Bedryfsorg­anisasies vir vark- en pluimveepr­odusente het reeds hofstukke ingedien ter ondersteun­ing van ’n hofaansoek deur die EPA dat die inwerkings­telling van die reël uitgestel moet word.

Wetgewing wat sulke aanmelding verpligten­d maak, bestaan reeds jare lank, maar in 2008 het die EPA die meeste plase kwytgeskel­d van dié reël. Toe, ná ’n hofsaak deur bewaringsg­roepe, het ’n federale hof in April dié besluit omgekeer, waarna die EPA vir nog tyd gevra het om riglyne op te stel. Hy het uitstel gekry tot 15 November, maar om verdere uitstel gevra. Teen druktyd was dit nog nie duidelik of die EPA se versoek toegestaan sal word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa