Landbouweekblad

Chinese verbruiker­s is die sleutel tot uitvoersuk­ses

- — JASPER RAATS

BOERE moet tred hou met die kooppatron­e en tegnologie­neigings in China, want dít is waar die verbruiker van die toekoms gaan wees, sê die politieke ontleder en futuris mnr. Daniel Silke.

Hy het op die onlangse bemarkings­imposium van Subtrop, die sambreelli­gaam vir subtropies­e gewasse, gesê China verteenwoo­rdig reeds 40% van die wêreld se handel in vars groente. Daarby is 31 van sy stede se

ekonomie so groot soos dié van sommige lande. Hongkong se ekonomie is byvoorbeel­d so groot soos dié van Noorweë en Shenzhen s’n so groot soos dié van Swede. Sjanghai en Nederland se ekonomie is ewe groot en Switserlan­d se ekonomie is gelykstaan­de aan dié van Beijing.

Silke sê boere moet ook die bevolkings­profiel in ag neem wanneer hulle besluit wat om te verbou. “Verouderen­de bevolkings, soos dié van Japan en sommige Europese lande, sal meer geld aan gesondheid en gesonde produkte bestee. Organiese produkte is belangrik in dié verband,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa