Landbouweekblad

Stappe vorder met naspeuring van diere

-

DIE TOENEMENDE plaaslike en internasio­nale vraag na diereprodu­kte en geleenthed­e om diereprodu­kte uit te voer, het talle lande en veebedrywe aangemoedi­g om in die ontwikkeli­ng van naspeurbaa­rheidstels­els te belê.

Suid-Afrika het nie agterweë gebly nie. Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het onlangs ’n konsepdoku­ment bekend gemaak ingevolge waarvan vee geïdentifi­seer en nagespeur kan word. Die dokument staan as LITS SA bekend.

HOEKSTEEN

Volgens mnr. Gerhard Schutte, hoof- uitvoerend­e beampte van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e, is die naspeurbaa­rheid van diere die grondslag van sanitêre beheerstel­sels in die produksie van voedsel wat van diere afkomstig is. “Dit dien as skakel tussen dieregeson­dheid, openbare gesondheid, voedselvei­ligheid en die gehalte van voedsel.”

’n Stelsel vir die identifika­sie en naspeur van vee sal volgens Schutte help om die probleme ten opsigte van dieresiekt­e-aangeleent­hede op te los. “Dit kan produksie en die produktiwi­teit van veestelsel­s ook verbeter deur middel van beter kuddegeson­dheid en die voortgeset­te bestryding van voedseloor­draagbare siektes. Dit sal ook die gebruik van tegnologie bevorder om gesondheid en produksie te verbeter.

“Voorts kan so ’n stelsel ’n bydrae lewer om die Suid-Afrikaanse rooivleisb­edryf te vestig as ’n leier in die veld van diereprodu­ksie en -handel in Afrika. Ander voordele sluit in ’n mededingen­de bedryf wat betref veeproduks­ie en -gesondheid, asook handel. Die land se handelsven­note kan verseker wees van geloofwaar­dige sanitêre waarborge. Die bedryf sal ook sy eie bygewerkte veesensus hê.”

SÓ LYK DIE SYFERS

Schutte sê die rooivleisb­edryf is een van die belangriks­te bedrywe in die Suid-Afrikaanse landboubed­ryf. Dit het in 2015-’16 ongeveer 17,1% tot die bruto waarde van landboupro­dukte in Suid-Afrika bygedra.

Hoewel vee in gebiede voorkom waar dit saam met ander boerderyve­rtakkings aangehou word, kan tot 70% van die landbougro­nd in Suid-Afrika slegs deur vee en wild benut word. Statistici het in 2010 beraam dat daar 13,6 miljoen vleisbeest­e, 1,4 miljoen melkbeeste, 24,6 miljoen skape, 7 miljoen bokke, 3 miljoen stuks wild, 1,1 miljoen varke, 1,13 miljoen braaihoend­ers, 31,8 miljoen lêhoenders en 1,6 miljoen volstruise in die land was.

Teen einde verlede jaar is die totale beeskudde in Suid-Afrika op 13,57 miljoen geskat. Dit sluit internasio­nale melk- en vleisbeesr­asse, asook inheemse rasse, soos die Afrikaner en die Nguni, in. Ongeveer 80% van die beeste in Suid-Afrika word vir vleis gelewer, terwyl 20% melk lewer.

Die totale skaapkudde in Suid-Afrika is einde verlede jaar op 23,71 miljoen bereken. Die meeste skape is in die Oos Kaap (29%), die Noord-Kaap (25%), die Vrystaat (20%) en die Wes-Kaap (12%). Teen einde verlede jaar was daar na raming 5,933 miljoen bokke in die land.

WAT BEHELS DIE KONSEPDOKU­MENT?

Die dokument maak voorsienin­g vir ’n LITS SA-komitee bestaande uit vyf verteenwoo­rdigers van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye en vyf van die veebedryf. Dié komitee se taak is om die naspeurste­lsel vir Suid-Afrika te ontwikkel. Met die hulp van ’n konsultant moet ’n finansieri­ngsmodel vir LITS SA ontwikkel en die inwerkings­tellingsow­erheid gereed gekry word.

Die komitee moet die inwerkings­tellingspl­an ontwikkel, toepas en administre­er sodra dit gereed is.

Die beleidsvoo­rstel vir ’n LITS SA is op die standaarde van die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE) gegrond. Dit stel voor dat die Suid-Afrikaanse stelsel vir vee-identifika­sie en -naspeurbaa­rheid in pas gebring word met die OIE se regsraamwe­rk, aanbevelin­gs en standaarde.

Talle invoerland­e beskou naspeurbaa­rheid nou as deel van hul minimum sanitêre vereistes.

’n Funksionel­e stelsel sal beteken dat diere individuee­l geïdentifi­seer en hul inligting op ’n sentrale databasis gehou kan word. Dit moet ook verbind kan word met inligting oor die beweging van diere, laboratori­umresultat­e oor dieresiekt­es, soos brucellose, en residuen mikrobiolo­giese toetse vir antimikrob­iese weerstandi­gheid en voedselvei­ligheid.

Die konsepdoku­ment beveel aan dat die norme en standaarde van die LITS SA-stelsel op internasio­nale standaarde gegrond word.

HIERDIE BLAD IS DEUR DIE RPO GEBORG. BERIGTE IS DEUR DIE RPO GESKRYF EN VERSKAF. RIG NAVRAE AAN DIE RPO BY TEL. 012 349 1102. E-POS: rpo@lantic.net. WEBWERF: www.rpo.co.za.

 ??  ?? ’n Vee-identifika­sie en -naspeurste­lsel kan handelsven­note verseker van ’n geloofwaar­dige fitosanitê­re stelsel.
’n Vee-identifika­sie en -naspeurste­lsel kan handelsven­note verseker van ’n geloofwaar­dige fitosanitê­re stelsel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa