Landbouweekblad

WAAROM IS DIE STELSEL BELANGRIK?

-

Die uiteindeli­ke mikpunt van die departemen­t en die veebedryf is ’n funksionel­e, nasionale stelsel vir die identifika­sie en naspeurbaa­rheid van vee in Suid-Afrika. Dit word gedoen om die volgende redes: ■ Suid-Afrika is uiters weerloos teen die uitbreking van oorgrens- of hoëimpaksi­ektes omdat sy buurlande en die gesoneerde gebiede van Suid-Afrika weerloos is teen sulke siektes. ■ Die huidige siektes wat in die land voorkom, en die weerlooshe­id teen ernstige siektes, soos bek-en-klouseer, bemoeilik plaaslike handel en uitvoer. Dit het die potensiaal om tot verliese van miljarde rande in inkomste te lei.

■ Die beweging van diere kan slegs in beperkte mate beheer word. ■ Veediefsta­l bly ’n ernstige probleem. ■ Die bestuur en identifika­sie van diere in die kommunale en kommersiël­e sektor is ’n probleem. ■ Dit is problemati­es om tussen verskillen­de bestuurspr­aktyke, soos groeibevor­deraars, Karoolam en grasgevoer, te onderskei. ■ Rampbestuu­r van droogtes, vloede en siekte-uitbreking­s speel ’n rol. ■ Onwettige invoer moet gekeer word. ■ Die oorkoepele­nde doelstelli­ng van die beleid is om te verseker dat ’n internasio­naal erkende LITS-stelsel in Suid-Afrika ingestel word wat volhoubare ekonomiese groei bevorder en werkgeleen­thede in die veesektor skep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa