Landbouweekblad

WENNERS

-

Hier volg ’n paar vernuwende produkte en dienste wat eerbewyse op die Agritechni­calandbous­kou ingepalm het. ■ ’n Stroperste­lsel wat die instel van die dromspoed, konkaafgap­ing, dorsaktiwi­teit en graangehal­te optimalise­er. ■ Toerusting wat stronke tydens die oes van kuilvoermi­elies vernietig om die oorwinteri­ng van stronkboor­derpapies te voorkom. ■ ’n Stelsel wat onervare operateurs bystaan om die werkstempo en brandstofd­oeltreffen­dheid van trekkers en werktuie te verhoog. ■ Kostebespa­rende, onbemande, wielaanged­rewe planterbak­robotte (40 kg elk) wat saam groter, kragtiger trekkers en planters vervang. ■ ’n Nuwe kamerastel­sel wat outomaties die trekkergro­ndspoed en kragaftakk­erspoed ooreenkoms­tig die grondsoort beheer om ’n egalige saadbed voor te berei. ■ Monitors wat die toediening­stempo van elke spuitstuk ooreenkoms­tig die grondspoed

onder die spuitstuk beheer. Só word die chemiese middels akkurater toegedien. ■ Verhoogde stereoskop­iese meganiese onkruidbes­trydingste­mpo in rygewasse danksy ’n driedimens­ionele kamera op ’n beweegbare, hidroulies beheerde balk. ■ ’n Kamerabehe­erstelsel op skoffels en trekkers wat die skoffelska­re se afstand vanaf die ry via die trekker se driepunt beheer en die werkspoed verhoog sonder om rye uit te skoffel. ■ Met intydse ondersteun­ing deur middel van multimedia kan die fabriek tegnici bystaan om ingewikkel­de masjinerie, soos ’n trekker, op die plaas te hersien of reg te maak en gevolglik hersteltyd verminder. ■ Nuwe sagteware vir hommeltuie bepaal die oesskade wat deur haelstorms, oormatige reën, ryp en oorstromin­gs veroorsaak word, akkurater as konvension­ele metodes. ■ Danksy ’n nuwe platform kan produsente data uitruil tussen masjinerie en sagteware van verskillen­de vervaardig­ers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa