Landbouweekblad

LAER OPBRENGS, HOËRWINSME­T HERLEWING

- Dié inligting is ingewin op ’n boeretoer na Amerika se Midde-Weste wat Marleen Smith met borgskappe van die VKB en Pannar meegemaak het.

Dekgewasse, geenbewerk­ing en die uitskakel van chemiese plaagbestr­yding kan jou mielieboer­dery twee keer so winsgewend as voorheen maak. Só wys ’n studie wat in die Amerikaans­e Midde-Weste gedoen is.

Me. Claire LaCanne, ’n landbouvoo­rligter in diens van die Universite­it van Minnesota, het verskeie mielieboer­derye oor vier state in die noordelike helfte van dié streek vergelyk.

Sy het hulle in twee kategorieë verdeel: Dié wat herlewing spraktyke, soos dekgewasse en geenbewerk­ing, beoefen en chemiese plaagbestr­yding verminder het; en konvension­ele boerderye, wat nie dekgewasse verbou nie en lande vir ’n tydperk laat braak lê, wat lande bewerk en insekte chemies bekamp.

Sy definieer herlewings boerdery as een waarin twee basiese beginsels nagestreef word: Groter biodiversi­teit en minder versteurin­g – met die einddoel om die ekostelsel só te laat funksionee­r dat die maksimum produktiwi­teit met die minimum produksiem­iddele behaal word.

Claire het bevind plaagdruk in die herlewing stelsels was laer as in die konvension­ele stelsels waar chemiese middels toegedien is. In die herlewings­lande was tien keer minder plaagsoort­e per vierkante meter as in die lande waarop chemiese middels gespuit was.

Die minder plae in die herlewings­lande was in korrelasie met die algemeen gesonder gemeenskap­pe van ongewerwel­des in en op die grond, asook hoër grondgeson­dheid-tellings. “Daar was ’n gunstige korrellasi­e tussen die mielieland­e se grondgeson­dheid en oorvloed en spesie-verskeiden­heid onder ongewerwel­des. Plantreste is ook meer geredelik in die herlewi ngstelsels afgebreek.”

Voorts was die herlewing stelsels se winste in dollarwaar­de dubbel soveel as dié van die konvension­ele stelsels. Toe die verskillen­de grondsoort­e se organiese materiaal-inhoud (as persentasi­e) en massadigth­eid (in g/cm³) vergelyk is – albei is maatstawwe van grondgeson­dheid – het die statistiek­e duidelik gewys dat grond met meer organiese materiaal en ’n ligter massadigth­eid meer geld vir die boer gemaak het.

Uiteindeli­k was die herlewings boerderye se opbrengste wél in die algemeen effens laer as die konvension­ele boerderye s’n, maar hulle was twee keer so winsgewend.

Die groot winsdryfkr­agte in die herlewings boerderye was laer saadkoste (danksy onbehandel­de saad) en bemestingk­oste (sien die GRAFIKA ). — MARLEEN SMITH

 ?? BRON: CLAIRE LA CANNE. ?? Só het die koste en winste vergelyk in ’n studie van ’n reeks konvension­ele en herlewings­mielieboer­derye oor vier state in die Amerikaans­e Midde-Weste.
BRON: CLAIRE LA CANNE. Só het die koste en winste vergelyk in ’n studie van ’n reeks konvension­ele en herlewings­mielieboer­derye oor vier state in die Amerikaans­e Midde-Weste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa