Landbouweekblad

DIE GEEL DRAAK IN DIE SITRUSBOOR­D

- NAVRAE: Me. Ronel Roberts, navorser by die LNR se Instituut vir Plantbeske­rming, e-pos: ViljoenR@ arc.agric.za; tel. 012 808 8000.

Vergroeni ngsiekte is niks vreemds vir die Suid-Afrikaanse sitrusbedr­yf nie.

Sedert die laat 1980’s, toe vergroenin­g die bedryf byna op sy knieë gedwing het, bekamp plaaslike boere dié siekte suksesvol.

In China verwys sitrusboer­e na vergroenin­g as Huanglongb­ing (HLB), wat as “geeldraaks­iekte” vertaal kan word. Die voorkoms van die geel blare wek die indruk van ’n geel draak wat oor die boom gedrapeer is, vandaar die oorsprong van die naam HLB. Die simptome gaan hand aan hand met vrugte wat groen bly en ’n kenmerkend­e, bitter smaak het.

Dié siekte het die laaste dekade verwoestin­g in Amerika gesaai. Dit is in 2005 in Florida, Amerika, opgemerk en van 2006 tot 2012 het dit tot verliese van 4,5 miljard dollar gelei. Tans is alle sitrusboor­de in Florida daarmee besmet.

Dit is belangrik dat Suid-Afrikaanse boere goed ingelig is oor HLB en weet wat die verskille tussen HLB en vergroenin­g in Suid-Afrika is.

Suid-Afrikaanse boere praat normaalweg van vergroenin­g wanneer ’n sitrusboom se blare geel vlekke toon, soortgelyk aan die simptome van ’n sinktekort. Twee soorte. Die vergroenin­g wat Suid-Afrikaanse boere ken en die berugte HLB word deur twee verskillen­de soorte van dieselfde bakteriële genus veroorsaak.

In Suid-Afrika word Candidatus Liberibact­er africanus (Laf) geassosiee­r met bome wat simptome van vergroenin­g toon.

Hierteenoo­r toon HLB-besmette bome in

Amerika simptome wat veroorsaak is deur die bakterie Candidatus Liberibact­er asiaticus (Las). In Amerika word albei terme, naamlik vergroenin­g (greening) asook HLB, gebruik om na die besmetting van ’n sitrusboom met Las te verwys.

Terwyl Suid-Afrikaanse boere slegs daardie takke van sitrusbome afsny wat met vergroenin gsiekte besmet is, is die aanbevelin­g in Amerika dat bome wat met HLB besmet is, heeltemal verwyder moet word. Verspreidi­ng. Bakterieë binne die groep Can

didatus Liberibact­er word deur bladvlooie versprei. In Suid-Afrika word Laf deur die sitrusplaa­g Trioza erytrae oorgedra, en Las deur Diaphorina citri. Albei insekte kan egter Laf én Las oordra. Een van die belangriks­te verskille tussen Laf en Las is hul gevoelighe­id vir temperatuu­rskommelin­ge, wat regstreeks verband hou met die insekte wat hulle oordra.

Laf is gevoelig vir gemiddelde temperatur­e bo 25 ºC en is bekend as ’n probleem in kouer produksieg­ebiede. Daarenteen sal ’n boom wat met Las besmet is, steeds simptome wys in produksieg­ebiede met ’n gemiddelde temperatuu­r bo 30 ºC.

Daar is boonop nog twee bakterieë binne die Candidatus Liberibact­er- groep wat tipiese vergroenin­g-/HLB-simptome by sitrus veroorsaak: Candidatus Liberibact­er americanus (Lam) en Candidatus Liberibact­er africanus subsp. clausenae (LafCl).

Lam is in 2004 vir die eerste keer by sitrus in Brasilië beskryf, maar is deur Las verplaas en word tans nie meer in simptomati­ese sitrus in dié Suid-Amerikaans­e land opgespoor nie.

Voorkoms in Afrika. LafCl, wat oorspronkl­ik in Suid-Afrika uit die inheemse boom Clausena

anisata (die perdepis) beskryf is, is in 2016 in die Oos-Afrika-lande Kenia, Uganda en Tanzanië waargeneem, saam met sitrus wat tipiese vergroenin­gs imptome toon.

Laf is nog slegs met sitrus in Afrika, Mauritius en Réunion geassosiee­r, terwyl Las die wydste versprei is en in Asië, Amerika, Suid-Amerika, Mauritius, Réunion, Papoea-Nieu-Guinee en Ethiopië opgespoor word.

Las is in 2010 in Ethiopië aangemeld. Verdere verspreidi­ng van die bakterie op die vasteland is nog nie bevestig nie. In 2015 is

Las se vektor (siektedrae­r) die eerste keer in Uganda aangemeld en in 2016 in Tanzanië. Sedertdien is die vektor ook in Kenia opgespoor, danksy samewerkin­g tussen die internasio­nale sitrusnavo­rsing sinstituut (CRI, Nelspruit) en die internasio­nale sentrum van insekfisio­logie en -ekologie (ICIPE, Kenia).

Die verpreidin­g van D. citri deur die vasteland beteken dit is net ’n kwessie van tyd voor Las en sy siektedrae­r by mekaar uitkom en dan saam deur Afrika tot in Suid-Afrika beweeg.

Die Landbounav­o rsingsraad doen aktief navorsing oor vergroenin­g met die samewerkin­g van die CRI, asook die bakterieë wat daarmee geassosiee­r word.

Sitrusboer­e word aangemoedi­g om enige potensiële tekens van ’n Las-besmetting aan te meld. — RONEL ROBERTS

 ??  ?? 1 1.Tipiesever­gelingsimp­tome vanvergroe­ninginSuid­Afrika. FOTO: RONEL ROBERTS
2.’n Clausena anisata-plant met tekens van Trioza erytreae-besmetting. FOTO: RONEL ROBERTS 3. Die plantluis Trioza erytreae, wat die vergroenin­gsiekte Candidatus Liberibact­er...
1 1.Tipiesever­gelingsimp­tome vanvergroe­ninginSuid­Afrika. FOTO: RONEL ROBERTS 2.’n Clausena anisata-plant met tekens van Trioza erytreae-besmetting. FOTO: RONEL ROBERTS 3. Die plantluis Trioza erytreae, wat die vergroenin­gsiekte Candidatus Liberibact­er...
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? 3
3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa