Landbouweekblad

KRY HULP BY TOERLEIERS

-

Boere wat hulp nodig het om vakansies te reël of aan ’n georganise­erde toer wil deelneem, kan verskeie reisagents­kappe nader.

Bluerhino Safaris

Wil jy op die Okavango-delta vaar? Of miskien deur Zambië toer na die groot Skeurvalle­i, verby Kilimandja­ro en diere kyk in die Ngorongoro-krater en die Serengeti?

Wil jy dalk op die strand van die Malawi-meer slaap?

Bluerhino Safaris spesialise­er in aksiebelaa­ide kampeertoe­re met gidse. Hulle bied ook pasgemaakt­e toere om aan jou behoeftes te voldoen.

Die ondernemin­g bied kort toere – ’n viernagtoe­r in lodges in Lesotho – en langer toere – ’n wildebeesm­igrasietoe­r van 32 dae in Tanzanië. Jy bring jou 4x4-voertuig, kos en kampeergoe­d, en die res word verskaf. ■ Besoek www.bluerhino.co.za vir nog inligting.

Van Dyk Toere

Om die billikste buitelands­e toere vir Suid-Afrikaners aan te bied, sonder om gehalte in te boet, is Van Dyk Toere se visie.

Die ondernemin­g organiseer groeptoere na Europa, Asië en die Amerikas en probeer om elke jaar ’n nuwe toer na ’n unieke bestemming by te voeg.

Vir 2018 is die gewildste toer die toer na Amerika, Kanada en Alaska, maar dit is reeds volbespree­k.

Staatmaker-toere wat elke jaar aangebied word, is die groeptoer na Viëtnam, Kambodja en Singapoer, en die Kroasië Kostekerwe­r-toer.

Van Dyk Toere het vanjaar vir die eerste keer ’n toer na die pêrels van Pole (gekombinee­r met Praag, Dresden en Berlyn) aangebied. Dié toer word volgende jaar in Julie herhaal. ■ Besoek www.vandyktour­s. co.za vir nog inligting.

Christine van Wyk Toere

Die Rynvaart, Duitsland, is Christine van Wyk Toere se vlagskipto­er en word sedert 1980 aangebied. Dit, tesame met ’n besoek aan Keukenhof, Nederland, die grootste lentetuin in die wêreld, bly ’n unieke ervaring.

’n Mens ontspan op die boot terwyl die pragtige Nederlands­e, Duitse en Franse natuurland­skap by jou verby beweeg. Tydens die vaart stap jy aan wal by verskillen­de dorpies en stede. ■ Besoek www.travelento­er. co.za vir nog inligting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa