Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

Slaai hoef nie vervelig of smaakloos te wees nie. Ons gee ’n paar idees vir somerslaai wat as hoofgereg voorgesit kan word of as bykos geniet kan word.

-

’n oondbak en bedruip met olyfolie. Geur met sout, peper en komyn en oondrooste­r vir 15 minute. Skud die bak nou en dan om te voorkom dat die botterskor­sie in die bak vassit. Voeg die keker-ertjies by en oondrooste­r verder tot die botterskor­sie gekaramell­iseer en gaar is. Haal uit die oond, voeg die koeskoes by en meng die koeskoes, botterskor­sie en kekerertji­es in die komyn-gegeurde olie. Laat afkoel. Voeg die aspersies, groen-ertjies en olywe by en meng liggies. Bedek en verkoel tot nodig. Vir die slaaisous: Klits al die bestanddel­e goed saam, giet in ’n glasfles, verseël en verkoel tot benodig. Hou die slaai en slaaisous in die yskas, maar sit dit teen kamertempe­ratuur voor. Lewer 6 porsies.

Koolslaai met peperworte­l-suurroomso­us en pekanneut-sesamkrumm­el

Dié slaai is my eerste keuse om saam met seekos of oondgeroos­terde hoender te bedien. Die neutekrumm­el bo-oor gee die perfek- te geur- en tekstuurko­mbinasie.

Koolslaai

125 ml suurroom 60 ml natuurlike jogurt 30 ml vars suurlemoen­sap 15 ml peperworte­lsous (horseradis­h cream) Sout en swartpeper na smaak 4 x 250 ml fyngekerfd­e blaarkool 3 wortels, gerasper

Pekanneut-sesamkrumm­el

10 ml olyfolie 310 ml gekapte pekanneute 125 ml sesamsaad 100 ml sonnebloms­aad 100 ml pampoenpit­te 30 ml lynsaad Sout en vars gemaalde swartpeper

Meng die suurroom, jogurt, suurlemoen­sap en peperworte­lsous. Geur na smaak met sout en peper en giet oor die gekerfde kool en wortel. Meng goed deur, bedek en verkoel tot nodig. Dié slaai kan tot sewe dae in die yskas gehou word. Vir die krummel: Verhit die olie en braai die neute en sade stadig oor matige hitte in ’n swaarboomp­an tot goudbruin. Geur liggies met sout en peper. Laat afkoel en sprinkel oor die koolslaai net voor jy dit voorsit. Lewer 8-10 porsies.

Tamatie-en-botterboon­slaai met gremolata-vinaigrett­e

Die ryp tamaties, pietersiel­ie en suurlemoen saam is heerlik. Botterbone en olyfolie gee rykheid en maak die slaai lekker vullend.

1 kg kersietama­ties, gehalveer 1 blik (410 g) botterbone, gedreineer 1 groot, rooi ui, in dun ringe gesny Sap en fyngeraspe­rde skil van 1 groot suurlemoen Knippie suiker 45 ml olyfolie Sout en vars gemaalde swartpeper 60 ml fyngekapte, vars pietersiel­ie

Meng die tamaties, botterbone en rooi ui in ’n slaaibak. Meng die suurlemoen­sap en -skil, ’n knippie suiker en die olyfolie. Geur na smaak met sout en peper. Giet oor die slaai in die bak en sprinkel die pietersiel­ie oor. Meng alles deur. Bedek en verkoel vir minstens 30 minute voor jy dit voorsit. Lewer 6 porsies.

Verhit ’n groot pot met ligte soutwater tot dit vinnig kook. Sit die bone daarin en kook vir 2-3 minute tot net-net gaar, maar nog bros. Terwyl die bone kook, klits die suurlemoen­sap, gemmer, olie, grenadella­pulp en asyn saam. Geur na smaak met sout en peper en giet dit in ’n slaaibak. Dreineer die bone goed en sit die warm bone in die

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa