Landbouweekblad

BESONDERSE BOEREKOS BY ‘DIE GAT’

By Anton en Susan Schoeman van die gastehuis Die Gat op Middelplaa­s by De Rust kom mense nie net vinnig inloer nie. ’n Kuier en ete daar is ’n ervaring.

-

Sy moet gereeld vir buitelands­e gaste haar eg Suid-Afrikaanse boerekosre­septe aanstuur nadat hulle by haar en Anton by Die Gat tuisgegaan het, sê Susan Schoeman. “Ons mark is meestal buitelande­rs en hulle geniet die Suid-Afrikaanse en Karookos wat ons voorsit verskrikli­k baie, veral ons vleis- en groenteger­egte.”

Die oorspronkl­ike opstal van die Schoemans se gastehuis is 200 jaar oud en al vyf geslagte in Anton se familie. Die eiendom het sy naam gekry omdat dit in ’n duik lê. “Hulle het my oupa destyds al Piet-in-die-gat genoem. Toe ons hier kom woon en die gastehuis op die plaas begin, het ek gesê die naam moet ‘Die Gat’ wees,”sêAnton.

Susan se kreatiewe versamelaa­rshand is oral op die eiendom sigbaar. Die tuin is ’n oase in die Karoo en die slaapkamer­s en huis is versier met meubels en mooigoed uit ’n vervloë era.

“Ek versamel al vir 45 jaar oudhede, daarom was hierdie projek vir my so lekker,” sê Susan.

Sy en Anton het die gastehuis só ingerig om soveel moontlik van die ou karakter van die huis te behou.

Maar dis nie net binnenshui­se versiering wat haar passie is nie, sy is ook ’n puik kok. “Dis boerekos, maar op ’n baie besonderse manier voorberei en voorgesit,” beaam Susan se vriendinne.

As hoofgereg is daar gerafelde lamsblad. “Almal is mos gewoond aan lamsboud, maar ek het hier in die Karoo kom leer hoe besonder lekker lamsblad is,” sê Susan.

 ??  ?? Om die Schoemans se tafel word gaste nie net bederf met smullekker boerekos nie, maar ervaar hulle ook egte Karoo-gasvryheid.
Om die Schoemans se tafel word gaste nie net bederf met smullekker boerekos nie, maar ervaar hulle ook egte Karoo-gasvryheid.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa