Landbouweekblad

PRIMÊRE LANDBOU SAL MINIMUM LOON ERGSTE VOEL

-

In die boekjaar 2018-’19 sal die minimum loon vir plaaswerke­rs met ’n yslike 16,32% styg. Dit volg nadat die Kabinet ’n nasionale minimum loon van R20 per uur of R3 500 per maand vir Suid-Afrika goedgekeur het

(Landbou.com, 7 November). Hier is van die kommentaar wat op

LBW se Facebook-blad ontvang is (sommige daarvan is verkort). gemiddelde plaaswerke­r begin voor sonop werk, werk heeldag in die son en maak dikwels teen sononder klaar. Fisieke werk, nie agter ’n lessenaar nie. Die boer vertrou hom met sy boerdery, sy stoetbul, sy trekker, sy stroper, sy lewe . . . maar betaal peanuts. Die vraag is doodeenvou­dig: Sal jy teen die minimum loon op ’n plaas werk? Indien wel, bel ’n boer en bied jou dienste aan.

HULDRIECH VAN WYK skryf:

Die groot probleem begin nie by die boer of die werker nie. Dis die markte en die plekke wat die boer boggerol gee vir sy produk en dit ten duurste verkoop, wat die hele land “opdonkie”. Plaaswerke­rs en boere werk verreweg die hardste, maar word die minste daarvoor vergoed. Ja, soms maak boere goeie geld, maar as jy nie goeie reën kry nie of siektes en insekte maak jou klaar, sit jy met niks. Boerdery het ’n baie hoë risiko. Die werker werk wel baie hard, maar daar is nie so ’n groot risiko vir hom nie. Hy kan nie alles verloor nie. Die boer én die werkers moet meer kry. Middelmann­e “vreet” al die geld en maak lewenskost­e baie hoog.

MARTIN WIJTENBURG skryf:

Wanneer gaan die Regering sy verstand gebruik? Alles is so duur in Suid-Afrika omdat hy die petrolen dieselprys met allerhande twak laai. Nou gooi hy net petrol op die vuur en binnekort hardloop inflasie met ons weg.

ANOULIZE STRYDOM skryf:

Nou sal daar maar vir huur, water en vervoer werk toe en terug en dorp toe op ’n naweek betaal moet word. As dit alles afgetrek word, sal lone omtrent dieselfde uitwerk.

MONIQUE STEYN

skryf: Vleis en ander kos, elektrisit­eit, water, verblyf en vervoer dorp toe is alles verniet. Ons vra nie ’n sent vir een van daardie goed nie. Dit is basies alles waarvoor mense in die dorp met hul R3 500 moet betaal en maak dat hulle swaarkry.

PETRO LAMBERT ROUX

skryf: Ons meganiseer maar net. Daar is baie masjiene wat hul werk kan doen.

DEREK BEKKER skryf: Die Regering stel nou die minumum loon in, maar as die boere swaarkry weens droogtes, wil hy niks weet van staatshulp aan die boere nie.

RICHARD KORVER skryf: So, wat is ’n plaaswerke­r se dagloon nou? Belangrike­r, sal jy vir daardie bedrag plaaswerk doen? Die

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa