Landbouweekblad

BKB SE WINS GROEI STEEDS

- — THEUNS BOTHA

DIE gediversif­iseerde landboumaa­tskappy BKB het danksy goeie kommoditei­tspryse en ’n uitbreidin­g van sy bedrywighe­de pas die beste boekjaar in sy geskiedeni­s afgesluit.

Die waarde van sake gedoen, het in die afgelope boekjaar met 14% tot R9,92 miljard gestyg. Die omset het met 21% verbeter tot R4,23 miljard, en die bedryfswin­s van R256 miljoen is 52% hoër as ’n jaar gelede. Die wins ná belasting beloop R135 miljoen – wat ook ’n styging van 52% is.

Mnr. Chris Louw, voorsitter van BKB se direksie, sê die maatskappy se gediversif­iseerde inkomstest­rome is die hoofrede vir dié uitsonderl­ike prestasie. Ofskoon alle afdelings van die maatskappy tot die groep se winsgewend­heid bygedra het, was die wol-, lewende hawe- en suikerafde­ling die afdelings wat die beste presteer het.

Die gewig van die wol wat ontvang is, het met 5,12% toegeneem tot 31,6 miljoen kg. Wolontvang­ste uit die voormalige Transkei en Ciskei het met 28% gestyg.

In die geval van bokhaar was daar ’n afname in ontvangste en verkope. Die gemiddelde prys van R152,60/kg vir bokhaar was ongeveer 9,3% laer as in die vorige seisoen.

HANDELSTAK­KE

Verkope by die maatskappy se 59 handelstak­ke het met 5,23% gestyg en wins voor belasting van R13,1 miljoen getoon (R17,9 miljoen wins in die vorige jaar).

In die lewende hawe-, afslaersdi­ensteen eiendomsaf­deling het die waarde van sake wat gedoen is, tot R3,358 miljard gestyg vergeleke met R2,552 miljard in die vorige boekjaar.

In BKB se Agrifin-afdeling, wat finansieri­ng aan kliënte beskikbaar stel, beloop die totale kredietpor­tefeulje onder bestuur tans R655,9 miljoen, wat ’n styging van R63,4 miljoen teenoor die vorige jaar is.

FINANSIERI­NG

BKB het ook ’n ooreenkoms met die Land Bank gesluit vir die finansieri­ng van swart, opkomende boere. Dit sal hulle in staat stel om tot die hoofstroom­landbou toe te tree.

BKB se graanafdel­ing, bestaande uit Grainco, Gritco en AlphaAlfa, het 2015-’16 se verlies van R12,2 miljoen omgekeer en in die afgelope boekjaar ’n wins van R5,9 miljoen gemaak.

Die suikerafde­ling se wins voor belasting het tot R47,3 miljoen gestyg nadat die omset met 27% gestyg het. Bet-El Fruits en Fruits du Sud het onderskeid­elik ’n voorbelast­e wins van R7,6 miljoen (in die nege maande tot 30 Maart vanjaar) en R19,3 miljoen (vir die volle jaar) getoon.

Die direksie beveel ’n dividend van 47c per aandeel (43c in die vorige jaar) aan.

Volgens die jaarversla­g het die maatskappy 1 483 heeltydse en 3 266 seisoenale werkers in diens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa