Landbouweekblad

Digitale eenstopdie­ns

Verskeie faktore beïnvloed die landbou, soos die klimaat, toegang tot finansiële ondersteun­ing, en vraag en aanbod. Boere moet dus deurentyd aanpassing­s maak om te kan oorleef. UNIGRO Finansiële Dienste is geposision­eer om boere in alle omstandigh­ede by t

-

UNIGRO Finansiële Dienste, ’n filiaal van AFGRI Landboudie­nste, bied vindingryk­e finansiële oplossings aan boere in toenemend moeilike omstandigh­ede. Dít kan baie vir boere beteken in die lig van veranderen­de weerpatron­e en verskeie droogteget­eisterde gebiede in Suid Afrika.

“In 2013 het UNIGRO Finansiële Dienste die behoefte geidentifi­seer om sy kliëntedie­ns te verbeter deur elektronie­se prosesse te optimalise­er,” sê mnr. Johann Barnard, hoofbedryf­sbeampte van UNIGRO Finansiële Dienste.

“Die projek, met die samewerkin­g van die maatskappy Synthesis, het in Februarie 2014 tot stand gekom en die eerste, basiese elektronie­se platform is in Maart 2015 aan kliënte bekend gestel.”

INLIGTING AANLYN

Die platform het intussen tot ’n kragtige, dinamiese digitale kanaal ontwikkel wat kliënte bemagtig om hul ondernemin­gs, finansies en beplanning op een veilige en gebruikers­vriendelik­e platform te bestuur.

Die platform, eAccounts, word deurgaans ontwikkel om bykomende landbouver­wante funksies te bied wat kliënte bemagtig om aspekte, soos boerderyad­ministrasi­e en hul plaasbedry­wighede, beter te bestuur.

Die funksional­iteit sluit UNIGRO Finansiële Dienste, AFGRI Graanbestu­ur, GroCapital Forex/Safex en, binnekort, UNIGRO Versekerin­gsdienste in, sê Johann.

Die eAccounts-platform help kliënte om rekeningba­lanse en kort-, medium- en langtermyn­rekeninge te bestuur. Die stelsel is ontwikkel met ’n boerderybe­sigheid in gedagte sodat boere – of hul plaasbestu­urders of werknemers namens hulle – doeltreffe­nder kan handel dryf.

Mnr. Ross Simmonds, besturende direkteur van UNIGRO Finansiële Dienste, sê hierdie inisiatief is in ooreenstem­ming met die visie om stelsels te ontwikkel wat kliënte se vennootska­p met AFGRI verbeter. Dit vergemakli­k die transaksie­proses, is gebruikers­vriendelik en bied toegang tot verskeie dienste uit die AFGRI-stal.

Hoewel die stelsel oorspronkl­ik op lenings toegespits was, kan AFGRI Landboudie­nste ’n veel wyer produklewe­ring bied en waarde toevoeg.

Die aanbieding is uitgebrei en sluit ’n verdere diens met betrekking tot graanopber­ging in. Graanvlakk­e, -opbergings­opsies en -hoeveelhed­e kan gemonitor word.

WEERSTASIE

Reënval kan gemeet en op die eAccounts-platform aangeteken word. Dié funksie bied ’n groot voordeel aan kliënte omdat hulle nou reënvalsyf­ers kan aanteken en seisoenale reënvalmet­ings kan monitor. Vir vergelykin­gs is statistiek­e dus nou geredelike­r beskikbaar.

Danksy die unieke funksional­iteit kan verskeie plase en reënmeters se metings ingevoer en gemonitor word. Sodra die inligting ingevoer is, skep die stelsel gedetaille­erde grafieke wat die reënval vir elke plaas aandui.

RISIKOBEST­UUR

AFGRI besef boere wil graag hul risiko’s op dié e-platform bestuur. UNIGRO Finansiële Dienste ontwikkel gevolglik nou ’n stelsel wat met eAccounts skakel en waar kliënte: Verskering­spolisse kan besigtig; Kredietaan­soeke kan indien; Dekkingsin­ligting kan bekom; Eise kan deurstuur; en Versoeke kan rig vir wysigings aan hul bestaande UNIGROpoli­sdokumente.

BANK VAN ATHENE

UNIGRO Finansiële Dienste beskou die beoogde oorname van die Bank van Athene deur AFGRI as ’n kans om eAccounts verder te ontwikkel.

Sodra die bank se stelsel aanlyn beskikbaar is, sal eAccounts daarmee integreer en ’n nuwe reeks produkte bekend stel. Die aanbieding­s sal meer as net lenings insluit. Verskeie produkte en dienste sal beskikbaar wees, waaronder beleggings, graan- en ander gewasbeske­rming, en welvaartbe­stuur.

AFGRI eAccounts het 1 200 aktiewe gebruikers met meer as 69 000 aanmelding­s op die stelsel sedert die bekendstel­ling in 2014. Die stelsel het al R6,5 miljard se transaksie­s verwerk.

“Ons probeer om die meeste aspekte van ons besigheid te digitalise­er sodat kliënte enige tyd, enige plek tot dienste toegang het. Ons wil dit graag gerieflik maak vir kliënte,” sê Ross.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Ross Simmonds, besturende direkteur van UNIGRO Finansiële Dienste. Met UNIGRO Finansiële Dienste kry jy ’n oorhoofse prentjie van jou finansiële welstand. Dit vergemakli­k administra­tiewe take en bied toegang tot finansieri­ng en versekerin­g.
FOTO: VERSKAF Mnr. Ross Simmonds, besturende direkteur van UNIGRO Finansiële Dienste. Met UNIGRO Finansiële Dienste kry jy ’n oorhoofse prentjie van jou finansiële welstand. Dit vergemakli­k administra­tiewe take en bied toegang tot finansieri­ng en versekerin­g.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa