Landbouweekblad

Maak tyd vir geldsake

Elke landbouer behoort ’n volledige finansiële ontleding te laat doen. Mnre. Theo Potgieter, hoof van UNIGRO Versekerin­g, Lucas Coetsee, ’n regspesial­is verbonde aan Liberty, en Pieter van Schalkwyk, ’n finansiële adviseur van UNIGRO Versekerin­g, gee raad

- NAVRAE: Tel. 011 063 2347; webwerf: www.afgri.co.za

Kliënte se omstandigh­ede verskil en elkeen se behoeftes is uniek. Gevolglik sal één plan nie almal pas nie. Wat dit boonop ingewikkel­der maak, is dat kliënte se kort- en langtermyn­doelwitte gereeld hersien moet word.

Finansiële beplanning bestaan uit verskillen­de aspekte wat aan mekaar gekoppel is. Dus is dit moeilik om al die behoeftes van ’n kliënt in ’n enkele ontleding saam te vat.

Belasting en aftree- en boedelbepl­anning is net enkele van die boustene wat deel vorm van die finansiële beplanning waarvoor ’n spesialis se advies nodig is.

FINANSIËLE ONTLEDING

Voordat ’n ontleding saamgestel kan word, moet die kliënt eerder te veel as te min inligting verskaf.

Sonder voldoende inligting kan die aanbevelin­gs wat gegee word, die kliënt in die verkeerde rigting stuur. Die gevolg is dat doelwitte nie bereik word nie.

Selfs al het jy ’n paar jaar gelede ’n finansiële ontleding laat doen, kan ’n veranderin­g in wetgewing of enige veranderin­g in omstandigh­ede daartoe lei dat die ontleding dadelik hersien moet word. Ongelukkig word daar te midde van die daaglikse geharwar kwalik genoeg tyd opsygesit om ’n behoorlike finansiële ontleding te laat doen.

BELASTING

Namate die markwaarde van bates groei, word kapitaalwi­nsbelastin­g ’n al hoe groter kwessie. Dit is reeds 16 jaar dat hierdie soort belasting ’n groot impak het op die likiditeit wat in ’n boedel beskikbaar is. Die insluiting­skoers vir ’n individu is juis vir die 2017-belastingj­aar van 33,3% tot 40% verhoog, wat die likiditeit verder onder druk plaas.

BOEDEL

Die likiditeit in ’n boedel word ook deur ander faktore beïnvloed, soos krediteure, onderhouds­eise en administra­siekoste (waaronder eksekuteur­sgeld, transportk­oste met die oordrag van ’n vaste eiendom, meestersge­ld en advertensi­ekoste).

Probleme ontstaan wanneer daar nie vir dié uitgawes voorsienin­g gemaak is nie en die boedel nie oor genoeg kontant beskik om te verseker dat bates in die naam van erfgename oorgedra kan word nie.

Verkeerde strukturer­ing van polisse of polisse wat gesedeer word vir skuld waar dit oorspronkl­ik ’n ander doel gedien het, kan ook nadelige gevolge hê. Dit is ’n jammerte dat die meeste kliënte onder die indruk is dat ’n lewenspoli­s wat aan ’n persoon buite die boedel begunstig is, nie aan die betaling van boedelbela­sting onderhewig is nie.

Die tydperk vir die afhandelin­g van bestorwe boedels is deesdae ook al hoe langer. Vermy so ’n situasie deur jou testament gereeld te hersien.

Onthou, ’n testament vorm deel van ’n finansiële ontleding. Dit is belangrik dat al die finansiële doelwitte vir jou plaas en jou naasbestaa­ndes behoorlik in die testament aandag kry.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Boere moet genoeg tyd maak om behoorlike finansiële beplanning te doen. AFGRI bied elektronie­se platforms wat boere kan help om inligting oor hulle boerderye te boekstaaf en te ontleed.
FOTO: VERSKAF Boere moet genoeg tyd maak om behoorlike finansiële beplanning te doen. AFGRI bied elektronie­se platforms wat boere kan help om inligting oor hulle boerderye te boekstaaf en te ontleed.
 ?? FOTO: AFGRI ?? Mnr. Theo Potgieter, hoof van UNIGRO Versekerin­g.
FOTO: AFGRI Mnr. Theo Potgieter, hoof van UNIGRO Versekerin­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa