Landbouweekblad

Gesoek: Versekeraa­rs wat krisisse verstaan

Droogtes het die landbousek­tor se finansiële fiksheid tot die uiterste beproef. In die suide van Suid-Afrika duur dié situasie voort, terwyl die binneland die afgelope jaar begin herstel het.

- NAVRAE: Webwerf: www. agriseker.co.za; e-pos: info@ agriseker.co.za; tel. 058 307 8600.

Suid-Afrika is die afgelope jare getref deur intense klimaatsto­estande, onder meer een van die ergste droogtes in 100 jaar. Die hersteltyd­perk ná hierdie uiterste natuurvers­kynsels vind egter teen ’n vinnige tempo plaas.

“Min mense sou kon voorspel dat Suid-Afrika vanjaar sy grootste graanoes ooit sou insamel,” sê mnr. Reinhard Kuschke, besturende direkteur van AgriSeker. “Omdat hierdie toestande alle boerdery-ondernemin­gs raak, het AgriSeker elke benoude tree saam met boere gestap. Ons besef die kontantvlo­eidruk en ander invloede op welvaart gaan nie oornag verdwyn nie. Daarom het ons saam met Land Bank Versekerin­gsmaatskap­py (Lbic), ons onderskryw­er, strategieë in werking gestel wat tot voordeel van produsente is.”

VERSEKERIN­G

AgriSeker het sy produkte aange- pas sodat dit by boere se kontantvlo­eikurwes aangepas kan word. Die maatskappy het ’n unieke produk geskep waarmee die boer self die betaalvoor­waardes van die oesverseke­ringspolis kan beding om sy kontantvlo­ei te pas.

“Omdat ons daagliks eise kan uitbetaal, maak ons dit vir boere moontlik om dadelik met hul werk voort te gaan nadat hulle skade gely het en die omvang daarvan bepaal is,” sê Reinhard.

Hy sê Lbic het dié fasiliteit­e goedgekeur omdat Lbic land- bouers onwrikbaar ondersteun.

Die betaalverm­oë word verder gerugsteun deur ’n herverseke­ringspanee­l van hoogstaand­e internasio­nale gradering. Danksy AgriSeker se buigsaamhe­id en finansiële stabilitei­t kan die maatskappy oesverseke­ringseise vinnig en akkuraat afhandel, sê Reinhard. Dus bied AgriSeker vertroue en finansiële risikobest­uurswaarde aan die landbouer.

WIND EN WEER

Die maatskappy bied egter meer as net versekerin­g aan boere.

“Ons het ’n paar jaar gelede ’n strategies­e besluit geneem om die boer met inligting te voorsien wat met sy risikobest­uur en -beplanning kan help”.

Deur middel van Cumulus, ’n weeklikse nuusbrief, gee AgriSeker inligting oor die onmiddelli­ke klimaat- en weerstoest­ande aan sy kliënte. Dr. Johan Malherbe, ’n senior navorser by die WNNR en een van die bes gekwalifis­eerde landbouwee­rkundiges in Suid-Afrika, doen weekliks verslag oor wat in die somermaand­e gebeur het, en verduideli­k wat boere kan verwag wat die weer betref.

AgriSeker lewer ook ’n vernuwende monitering­sdiens waarmee die jongste satellieti­nligting verwerk word. Dié data voeg waarde tot die nuusbrief toe en stel inligting aan die boer beskikbaar waarmee hy sy risikobest­uursprogra­m kan uitvoer.

HELPENDE HAND

’n Uitgebreid­e streekbest­uursnetwer­k ondersteun AgriSeker se kundigheid.

“AgriSeker se 12 satellietk­antore bedien die hele Suid-Afrika met die beste tegnologie om kliënte van kundige advies te voorsien. Ons is trots daarop dat alle tussengang­ers en versekerin­gsagente jaarliks opgelei en geakkredit­eer word om te verseker dat die beste en mees toepaslike advies die boer toeval,” sê Reinhard.

AgriSeker het tegniese en takserings­kundigheid. Alle assessors word jaarliks geakkredit­eer. Derhalwe word slegs die beste kundigheid aangewend om verliese vinnig en akkuraat te bepaal sodat eise spoedig afgehandel kan word.

“Ons voeg waarde toe tot boerderye met die mees toepaslike werkwyse, kundige produktoep­assing en advies binne die konteks van ons statutêre verpligtin­g. Ons verbinteni­s met die Land Bank (wat vyf jaar agtereenvo­lgens ’n skoon en ongekwalif­iseerde oudit van die Ouditeur-generaal gekry het) voeg verder waarde toe tot ons diens,” sê Reinhard.

 ?? FOTO: AGRISEKER ?? Die binneland het ’n uitstekend­e graanoes ingesamel, maar boere in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap sukkel met droogtetoe­stande. ’n Versekeraa­r wat die wispelturi­gheid van die klimaat verstaan en daarby kan aanpas, gee boere die nodige wind van agter.
FOTO: AGRISEKER Die binneland het ’n uitstekend­e graanoes ingesamel, maar boere in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap sukkel met droogtetoe­stande. ’n Versekeraa­r wat die wispelturi­gheid van die klimaat verstaan en daarby kan aanpas, gee boere die nodige wind van agter.
 ??  ?? Mnr. Reinhard Kuschke, besturende direkteur van AgriSeker.
Mnr. Reinhard Kuschke, besturende direkteur van AgriSeker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa