Landbouweekblad

Suiker: Parlement dwing transforma­sie af

- — JOYLENE VAN WYK en NICO VAN BURICK

DIE volgehoue vlaag misdadige aanvalle op boere en hul werkers veroorsaak ernstige skade en onsekerhei­d in die landbousek­tor, sê mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye.

Zokwana is een van menige invloedryk­es wat saamstem dat iets daadwerkli­ks aan die situasie gedoen moet word en dat die Swart Maandag-optogte wat plaasgevin­d het, “nie gesien moet word as boere wat probeer om die Regering aan te val nie”. Hy wil graag hê staatsdepa­rtemente en landbou-organisasi­es moet saamwerk om die wrede plaasaanva­lle gesamentli­k die hoof te bied.

BERAAD IN 2018

In hierdie gees onderneem Zokwana nou om vroeg volgende jaar ’n beraad oor geweld teen landelike gemeenskap­pe te hou, waarvan die relevante belanghebb­endes, soos plaasgemee­nskappe en ministers van verskeie portefeulj­es, deel sal wees. Mnr. Fikile Mbalula, Minister van Polisie, het

dit ook onomwonde gestel dat boere en die landelike gemeenskap ondersteun­ing en beveiligin­g van die polisie benodig.

Zokwana sê op die beraad sal die kwessie van geweld in detail bespreek word en geskikte oplossings sal ontwikkel word.

Intussen sal sy departemen­t voortgaan om te verseker dat alle relevante staatsdepa­rtemente en -agentskapp­e betrokke raak by die stryd teen plaasmoord­e.

“Die departemen­t verbind hom daartoe om saam met belanghebb­endes in die sektor te werk om te verseker dat daar maksimum deelname van die plaasgemee­nskappe by onderrig en opleiding oor hul menseregte en regte sal wees.”

SWAAR TYE

Volgens Zokwana is dit byna onmoontlik om die impak van plaasaanva­lle op belegging in die landbou, asook die uitbreidin­g van die sektor, werkskeppi­ng en voedselsek­erheid te bepaal. Dit is omdat dié gebeure afspeel in ’n tyd waarin ander faktore, soos die droogte, kommandowu­rms, voëlgriep en oorstromin­gs, ook ’n nadelige impak op landboupro­duksie gehad het.

Zokwana waarsku dat SuidAfrika se ekonomie en voedselsek­erheid ernstig in die gedrang gebring word as die huidige situasie voortduur en alle belanghebb­endes nie die nodige aandag daaraan skenk nie.

Voortsprui­tend uit Mbalula se

gesprek in September met Agri SA oor plaasaanva­lle en Mbalula se eis dat hy ’n aksieplan wil sien, het ’n taakspan van die polisie ’n plan saamgestel wat onlangs met Agri SA bespreek is. Mnr. Kobus Visser, direkteur van korporatie­we skakeling by Agri SA, sê hoewel besonderhe­de daaroor nie nou bekend gemaak kan word nie, is hy optimistie­s oor wat op die tafel is.

“Ons het ook insette gelewer en die polisie sal die voorstelle nou intern finaliseer en aan die minister vir goedkeurin­g voorlê. Alles hang nou af van sy goedkeurin­g en dan natuurlik ook oor hoe goed dit in werking gestel gaan word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa