Landbouweekblad

Droë somer wag dalk op noordooste

- — AMELIA GENIS en ALANI JANEKE

SUIDER-AFRIKA kan dié somer steeds ’n swak La Niña-verskynsel verwag. Dit beteken gewoonlik dat die grootste deel van die gebied goeie somerreën kry, sê prof. Willem Landman van die Universite­it van Pretoria.

“Daar is genoeg aanduiding­s vir ’n swak La Niña, en dié tyd van die jaar kan ons taamlik seker wees dit gaan gebeur. Die kans dat dit in ’n sterk La Niña gaan ontwikkel, is bitter skraal.”

Landman sê seisoensvo­orspelling­s vir reënval oor Suider-Afrika kan egter nie met soveel vertroue gedoen word soos wat met ’n La Niña of El Niño die geval is nie.

Die volgende paar maande – wat November insluit – lyk veral gunstig vir reën oor die westelike en sentrale dele van die land. Die reën in die suidelike dele van die Wes-Kaap op 14 en 15 November bevestig die voorspelli­ng.

TEENSTRYDI­G

Landman is bekommerd oor modelle wat toon dat die noordooste­like dele van Suider-Afrika dalk nie so baie reën gaan kry as wat hy wil sien nie.

“Dis nogal vreemd, want met La Niña sien ons gewoonlik goeie reën oor die noordooste.”

Daar was ook kort voor druktyd (16 November) wydverspre­ide sneeu oor dele van KwaZulu-Natal, Oos-Vrystaat, Oos-Kaap en Sentraal-Karoo.

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g by Santam Landbou, sê dié koue weer is ’n duidelike teken dat die 2017-’18-somer laat aanbreek.

“Die hele seisoen was van die begin af laat, en tans kan ons nie bepaal of dié verskynsel slegs siklies is en of dit ’n permanente skuif is nie. Die invloed van klimaatsve­randering moet ook nie vergeet word nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa