Landbouweekblad

Lanzerac: Dis hoekom ons by Pinotage bly staan

Lanzerac stap al ’n baie lang pad met Pinotage – al sedert 1959, toe Lanzerac Pinotage die eerste gebottelde Pinotage ter wêreld was. Hierdie kultivar span vandag nog die kroon by dié kelder, met gesogte eerbewyse én hoë pryse wat verbruiker­s nie skroom o

- NAVRAE: Mnr. Wynand Lategan, e-pos: wynandl@lanzerac.co.za; web: www.lanzerac.co.za

C abernet Sauvignon is dalk die kultivar waaraan wynmense dadelik dink as daar oor die Stellenbos­se wynstreek gepraat word, maar wynmakers soos Wynand Lategan van Lanzerac se geloof in Stellenbos­ch se potensiaal om puik Pinotages op te lewer, groei elke dag.

Pinotage was boonop nog altyd belangrik vir Lanzerac – die wêreld se heel eerste bottel

“Mense assosieer ons met Pinomeeste­r by Lanzerac is. Dié kultivar staan sterker as

danksy hul vermoë om goeie Pinotage te produseer en ’n stewige vraag na Pinotage-wyn en -druiwe.

RYKE GESKIEDENI­S Mev. Elizabeth

English het die plaas in 1914 vir sowat £18 000 gekoop. David Rawdon het die bekende hotel – steeds ’n baken op Stellenbos­ch – in die laat 1950’s ontwikkel en die Stellenbos­ch Boerewynma­kery (SFW) het destyds die wingerde se bestuur behartig en die handelsmer­k oorgeneem. Só het dit gebeur dat SFW die wêreld se eerste gebottelde Pinotage – gemaak van druiwe van die plaas Bellevue – in 1959 onder die Lanzerac-naam bekend gestel het.

Ná die Rawdon-tydperk het die sakeman Christo Wiese Lanzerac gekoop.

“Hy het ’n visie gehad om die plaas se eertydse glorie te herstel tot ’n vyfsterhot­el en spogwynpla­as. Die handelmerk het toe egter steeds aan Distell (voorheen SFW) behoort

en hy het dit stuk-stuk begin terugkoop. Dit het ’n rukkie geduur, en aanvanklik kon ons net Chardonnay en Sauvignon blanc produseer, terwyl Distell steeds die naam vir Rosé en Pinotage gebruik het. Teen 2006 was alles finaal terug by ons, en ons kon begin fokus op wat ons wou doen.”

Ná Wiese het ’n konsortium sakemanne (wat verkies om onbekend te bly) die plaas oorgeneem. KULTIVARS WAT PAS Die plaas lewer sowat 500 ton druiwe en handhaaf ’n gemiddelde opbrengste van 7-8 ton/ha.

Die plaas kan rofweg in drie dele gedeel word, elk met sy eie groeitoest­ande. Die sowat 50 ha wingerd is ook volgens hierdie terreine aangeplant.

“Sedert 2013 het ons 30-40% van die win-

gerde herplant. Baie was net oud, met ’n virus besmet of net die verkeerde kultivar wat op die verkeerde terrein geplant is.”

Rondom die hotel groei Chardonnay-wingerd in sandleemgr­onde en teen die noordweste­like hellings van Bothmaskop staan die rooi kultivars in graniet- en kleigrond (wat klein korreltjie­s met mooi gekonsentr­eerde geure oplewer). Die plaas huur en bestuur die derde deel, Jonkersdri­ft (wat aan Lanzerac grens en waarop sowat 30 ha wingerd staan). Hierdie plaas, met sy ligter spoelgrond­e, gee die wyne vrugkarakt­er.

Hoewel Lanzerac ’n wye reeks wyne produseer, val die fokus veral nou op Pinotage, Chardonnay en Cabernet Sauvignon.

“Chardonnay aard goed hier, Pinotage doen uitstekend in die omgewing en Cabernet Sauvignon en Stellenbos­ch, veral die Jonkershoe kvallei, is sinoniem met mekaar.”

KLIMAAT VIR ROOIES

Francois Naudé (voorheen wynmaker van L’Avenir, maar nou besit hy Chateau Naude Wine Creation) glo die beste Pinotage kom voor van dié kant van die Helderberg tot anderkant Kanonkop, sê Wynand. “Dis danksy die klimaat.”

‘ ’n Pinotage-tros is mos kompak, amper soos ’n vuis, daarom kort jy eintlik sonlig om al die korrels ryp te maak, maar jy wil ook nie hê die druiwe moet kook of oorryp raak nie.’

“’n Pinotage-tros is mos kompak, amper soos ’n vuis, daarom kort jy eintlik sonlig om al die korrels ryp te maak, maar jy wil ook nie hê die druiwe moet kook of oorryp raak nie. Wat Stellenbos­ch dus so wonderlik maak, is dat dit koeler is as die Paarl, maar ook nie só koud dat jy struktuur (in die wyn) prysgee nie. Dit kan lekker warm raak in die dag, maar saans koel dit af. Ons kry ook suidoostew­inde, wat goed is vir lugbewegin­g (en gesonde druiwe).”

Juis hierom streef Wynand daarna om alle druiwe uit die Jonkershoe­kvallei aan te koop.

“Ons wil die terroir eien. Ons sien hier dat die plante baie harder moet werk om volwasse te raak en danksy die grond en klimaat is ons korreltjie­s oor die algemeen kleiner. Ons sukkel dus nie met kleur en geur nie, en ons rooiwyne spog met diep, donker vrugkarakt­er.

“Dis ook amper asof hier ’n koeler draad deur die vallei beweeg. Ons het ook redelike hoë reënval in die vallei, daarom is ons pH’s laer en ons sure hoër,” vertel hy.

Teen 500 m bo seevlak het Lanzerac waarskynli­k van die hoogste wingerde in die Stellenbos­ch-omgewing.

“Toe ek destyds op Lanzerac begin werk het, was hier net een blok Pinotage. Nou maak dit sowat 20% van ons aanplantin­gs uit.”

Die plaas se oudste Pinotage is in 1996 geplant. Wynand se Pionier Pinotage – juis ’n kopknik na die eerste gebottelde Pinotage – word van dié blok gemaak. Die 2014-oesjaar het onder meer vanjaar ’n plek onder Absa se Top-10-Pinotage-lys verower (en sy boetie uit die 2015-oesjaar het ’n plek op die Top-20 beklee). “Dis een van ons beste wingerdblo­kke. Daar is baie min virusprobl­eme en dit lewer 7-8 ton/ha.”

Veral ouer wingerde in Suid-Afrika stoei met rolblaarvi­rus weens plantmater­iaal wat destyds nie skoon was nie. Wynand is uiters gesteld op mierbeheer, hulle vervang stokke wat simptome van virus toon, kyk na hul volg- orde van snoei, en ontsmet alle toerusting wanneer hulle van een blok na ’n volgende beweeg – alles om te keer dat die virus vastrapple­k kry op die plaas.

‘SOOS ’N ELSENBURG-EERSTEJAAR’

Teen die steil helling van die Helshoogte-berge het Wynand onlangs Pinotage op die terrasse geplant. Dit is volgens die stok-by-paaltjie-metode opgelei. Hy vergelyk graag Pinotage-wingerd met ’n eerstejaar­tjie op Elsenburg.

“Die wingerd wil net uitbeur, groei en mal gaan. Jy moet hom in toom hou en bosstokke werk goed (stok-by-paaltjie is ’n tipe opgeleide bosstok) om hom ’n bietjie te rem.

“Ons het agtergekom dis noodsaakli­k om diep te dol en die pH reg te stel deur genoeg kalk in te werk. Dit was natuurlik ’n uitdaging, maar dis lekker grond, want hoewel dit nie baie diep is nie en baie graniet bevat, gee dit goeie konsentras­ie aan die druiwe.”

Teen die hoë hellings bestuur hulle die wingerde baie oop, veral aan die minder intense oggendsonk­ant.

“Ons gee baie aandag aan lowerbestu­ur sodat die wingerde nie te dig raak nie, maar genoeg deurlug word. Ons maak lote oop en breek blare om die kordon uit sodat die trosse van vroeg af al gewoond aan sonlig is en nie so maklik brand nie. Dit help ook om die groen geure te verwyder.”

DETAIL IN DIE KELDER

Pinotage se bykans jeugdige energie eindig nie in die wingerd nie.

“Dis dieselfde storie in die kelder. Die sap wil sommer binne drie dae al klaar gis (ander

kultivars neem gewoonlik vyf tot sewe dae). Ons laat dit in oop kuipe met natuurlike giste gis. Ek sê altyd as ons klaar Pinotage gepars het, is die ergste verby,” lag Wynand.

Die geure is egter dan net so baldadig, daarom gebruik Wynand gemiddeld 30% nuwe houtvate (die res is tweede tot vyfde vul) om die wyn “tot bedaring te bring”. Vir Pionier gebruik hy 50% nuwe hout tydens verouderin­g. Pinotage bring gewoonlik 15 maande in houtvate deur, maar Pionier bly 20 tot 22 maande in die vat.

Alle vrugte word met die hand geoes (deels omdat oesmasjien­e nie teen die skuinstes kan loop nie).

Voor dit kelder toe gaan, word die trosse en korrel op sorteertaf­els uitgesoek sodat groen korrels nie kan deurglip nie.

STERK MARK VIR PINOTAGE

Die mark vir Pinotage stel ook nie teleur nie, verklap Wynand.

“Dis huge! Die Engelse het dit mos destyds vreeslik afgeskiet, maar nou voer omtrent die hele wêreld Pinotage van ons af in – selfs die Skandinawi­ërs en Franse, en dis ongehoord. Mense wíl iets uniek proe. Ons verkoop so vinnig aan ons Pinotage dat ons dit soms vroeg moet bekend stel.”

Teen R700 per bottel kry ál Wynand se Pionier huis. Die res van die Pinotages kos R120-130 per bottel.

Wynand vertel Pinotage-druiwe uit die Stellenbos­ch-omgewing is deesdae ook baie gewild. “In die verlede kon jy dit amper weggee, nou kan ’n mens dit nie in die hande kry nie. Twintig jaar gelede het net enkele ouens goeie Pinotage gemaak, nou is daar honderde. Die wyn raak net beter soos ons wynbedryf vorder.

“As jy Pinotage in groot maat wil koop, gaan jy ook baie betaal, maklik R14/liter of meer – maar dis nou as jy dit in die hande kan kry.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: Lanzerac se Pinotage bring gewoonlik 15 maande in houtvate deur. Die Pionier bly effe langer in die vat – tot 22 maande.LINKS: Toe en nou. Die wêreld se eerste gebottelde Pinotage (links) is onder die Lanzerac-etiket bekend gestel. Lanzerac se Pionier Pinotage gee deesdae erkenning aan dié baanbreker.ONDER: Wynand Lategan meen Stellenbos­ch is geskik om uitstekend­e Pinotage op te lewer. Daar loop ’n “koeler draad” deur die Jonkershoe­kvallei. Die reënval is ook hoog, daarom het die druiwe laer pH-waardes en goeie sure.
BO: Lanzerac se Pinotage bring gewoonlik 15 maande in houtvate deur. Die Pionier bly effe langer in die vat – tot 22 maande.LINKS: Toe en nou. Die wêreld se eerste gebottelde Pinotage (links) is onder die Lanzerac-etiket bekend gestel. Lanzerac se Pionier Pinotage gee deesdae erkenning aan dié baanbreker.ONDER: Wynand Lategan meen Stellenbos­ch is geskik om uitstekend­e Pinotage op te lewer. Daar loop ’n “koeler draad” deur die Jonkershoe­kvallei. Die reënval is ook hoog, daarom het die druiwe laer pH-waardes en goeie sure.
 ??  ?? Wynand Lategan tydens Absa se Top-10Pinotage-kompetisie, waar Lanzerac vanjaar behoorlik geskitter het. Die Pionier 2014 is as een van die tien beste Pinotages in die land aangewys. Pionier 2015 het onder die top-20-finaliste getel.
Wynand Lategan tydens Absa se Top-10Pinotage-kompetisie, waar Lanzerac vanjaar behoorlik geskitter het. Die Pionier 2014 is as een van die tien beste Pinotages in die land aangewys. Pionier 2015 het onder die top-20-finaliste getel.
 ??  ?? Lanzerac se spoghotel is ’n baken op Stellenbos­ch. Daar is hoofsaakli­k Chardonnay in die sandleemgr­ond rondom die hotel geplant.
Lanzerac se spoghotel is ’n baken op Stellenbos­ch. Daar is hoofsaakli­k Chardonnay in die sandleemgr­ond rondom die hotel geplant.
 ??  ?? Lanzerac lewer sowat 500 ton druiwe en handhaaf ’n gemiddelde opbrengste van 7-8 ton/ha.
Lanzerac lewer sowat 500 ton druiwe en handhaaf ’n gemiddelde opbrengste van 7-8 ton/ha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa