Landbouweekblad

Kuddevrugb­aarheid begin by jou bul

Dit kan nie genoeg beklemtoon word nie: Vrugbaarhe­id by koeie is ononderhan­delbaar. Teel dus bulle wat winsgewend­e, vroulike diere van die veld af kan teel.

-

Hoewel dit lekker is om bulle te verkoop, lê die hart van enige beesboerde­ry in die doeltreffe­ndheid van die fabriek op die plaas, naamlik die koeikudde. Al verkoop jy tans duur bulle, gaan dit nie lank aanhou nie tensy jy sorg dat dit deur ’n merkwaardi­ge koeikudde ondersteun word.

Daar is al baie gesê daaroor, maar dit bly ’n onomstootl­ike feit: Die allerbelan­grikste vereiste van enige koeikudde is vrugbaarhe­id. Daar kan geen kompromis gemaak word oor vrugbaarhe­id nie.

Jare gelede het ’n TV-advertensi­e van ’n elektronie­se maatskappy verwys na die strewe na “zero defect”. Dit geld ook die vrugbaarhe­id in enige vleisbeesk­udde.

Dit bly verbasend dat boere bulle koop van moeders met lang tussenkalf­periodes (TKP van 550 dae of meer) en ’n ouderdom met eerste kalf van meer as 32 maande. As jy ernstig is en glo dat vrugbaarhe­id belangrik is, moet jy begin deur bulle van vrugbare moeders te koop.

Hoe lank gaan dit duur om met die verkeerde bul die regte koeie te teel? Ek weet daar is min koeie in Suid-Afrika wat op die veld, en ek bedoel regtig op die veld, vir 13-15 jaar elke jaar kalf. As ’n uitsonderi­ng kan ons dus ’n toegewing maak van ’n halwe oorslaan per leeftyd, of in uitsonderl­ike gevalle ’n oorslaan per leeftyd. Die afgelope rampdroogt­e of ’n vernietige­nde brand is voorbeelde van ’n uitsonderl­ike geval.

Dit is belangrik om almal daaraan te herinner dat ons met die natuur werk. As ons die natuurramp­e in berekening bring, is daar dalk ’n plek vir hierdie toelating. Dit moet egter nie net ’n blinde verskoning word om minder vrugbare of onvrugbare diere ’n kans te gee nie. As jy enigsins kan, is geen kanse die antwoord – of iets om na te streef.

HOU JOU OOG OP DIE BAL

As jou kudde se besettings­yfer hoër as 90% is, kan daar aanpassing­s gemaak word om kostedoelt­reffender te wees. Met ’n besetting van hoër as 90% is daar nie genoeg druk op vrugbaarhe­id nie. Jy kan jou belading verhoog, jou dektyd korter maak of jou voedingspe­il afbring tot ’n winsgewend­er, bekostigba­re vlak.

Onthou, die grootste onderhoud op enige beesplaas sal na die koeifabrie­k gaan, want dit is wat dinge laat werk. As dit in enigiets anders gaan, moet die gevaarligt­e aangaan en moet die boer planne beraam om dit te verander. Vrugbaarhe­id is ononderhan­delbaar!

Wanneer ons streng is en alle diere uitskot wat nie ’n kalf speen nie, en ons ook nie die omgewing aanpas by die diere nie, sal daar noodwendig mettertyd ’n paar veranderin­gs plaasvind. Die eeue oue sêding en feit van “form follows function” bly staan soos ’n paal bo water.

Die volgende veranderin­gs sal mettertyd waargeneem kan word: Die soort diere verander. Mediumraam­diere wat vinnig groei, presteer beter as groter, laatrypdie­re. Dit is ’n funksie van onderhoud. Die mees basiese behoefte van enige dier is onderhoud voordat melkproduk­sie en/of reproduksi­e sal plaasvind. Hoe laer die onderhouds­behoefte van ’n dier is, hoe groter is die kans op melk en reproduksi­e. Melkproduk­sie laer. Die genetiese vermoë vir melk van diere wat 10-12 jaar ononderbro­ke produseer, gaan effens verlaag. Wanneer jy na die katalogus kyk, is hul BLUP-syfer vir melk effe onder die rasgemidde­lde. Hierdie waarneming stem ooreen met die gedagte van dr. Matt Spangler van die Universite­it van Nebraska in Amerika wat sê: Mik vir ’n BLUP-syfer van onder die rasgemidde­lde vir melkproduk­sie. ’n Paar jaar gelede het ek dit nie verstaan nie.

Ook die veekundige adviseur Hennie Snyman het jare gelede gesê dat natuurlike weiding dikwels nie die genetiese melkproduk­sie

van diere kan onderhou nie. Dit is waar.

Ek is ’n groot voorstande­r van metings, maar ons moet versigtig wees dat ons nie probeer om ons diere se syfers op papier reg te kry, maar dan kan hulle nie op die veld daardie vermoëns uitleef nie.

Die normale neiging is om die omgewing kunsmatig te verbeter met duur byvoedings, onnodige duur lekke en/of voer sodat diere kan presteer. Die diere lyk pragtig, maar is normaalweg onwinsgewe­nd.

LAE-ONDERHOUD-KUDDE DIE IDEAAL

Hou in berekening dat daar altyd uitsonderi­ngs is op elke reël. Daar sal altyd ’n dier wees wat anders as die reël presteer, maar dit is die uitsonderi­ng. Koop en teel bulle wat vroulike diere teel wat winsgewend van die veld af kan en sal produseer. Hulle pas nie altyd die geduldige papier nie, maar op die veld is hulle die beeste wat boere op die plase hou omdat hulle gereeld en goed produseer en reprodusee­r.

Jou eerste mikpunt moet wees om ’n top-koeikudde te teel met vrugbare diere met ’n lae onderhouds­behoefte. Dan eers kan jy bulle teel wat vir die kommersiël­e boer tot voordeel sal wees.

Omdat die oppervlak die duurste is, moet ons seker maak daar loop genoeg diere om daardie duur kapitaalbe­legging winsgewend te kan benut. Ek verwys ook nie na dwergies nie, maar eerder na ’n mediumraam­dier waarvan die onderhoud op die veld bevredig kan word sodat sy nog genoeg energie oorhet vir melkproduk­sie en reproduksi­e.

Die maklikste manier om hierdie ideaal te bereik, is om eerder op wins per hektaar te konsentree­r as op individuel­e koeipresta­sie. Wins per hektaar sluit koeipresta­sie in, maar die klem verskuif effens. Hoër wins per hektaar komplement­eer eerder kuddedoelt­reffendhei­d as ’n paar uitsonderl­ike, individuel­e prestasies.

SÓ LYK IDEALE KOEI

Die ideale koei kalf die eerste keer voordat sy 26 maande oud is, en kalf dan gereeld vir 10-12 jaar. Daardie koeie speen elke jaar ’n kalf wat 45-50% van haar eie gewig is. Dit klink dalk maklik, maar dit is spesiale koeie wat dit regkry.

Die ideale koei vervang haarself met óf ’n top-bulkalf óf ’n paar verse wat in die kudde agterbly. Die ideale koeie se uier gee nie in nie. Sy beskerm haar kalf met passie en het die regte moedertemp­erament. As sy boonop iets vir die oog is, het jy ’n koningin.

As jy dié soort koeie vermeerder, sal jy mettertyd die vrugte pluk.

Gerrit van Zyl besit die Bonsmara-stoetery Hanzyl buite Dewetsdorp. Die stoetery het al talle pryse gewen. Gerrit skryf dié rubriek in sy persoonlik­e hoedanighe­id. Navrae of kommentaar: E-pos: gerritvanz­yl@mweb.co.za

 ??  ?? Die koei GZV03-001 op tweejarige ouderdom met haar eerste kalf.COWBOYLOGI­KA‘Die geheim daarvan om voor te kom, is om te begin.’
Die koei GZV03-001 op tweejarige ouderdom met haar eerste kalf.COWBOYLOGI­KA‘Die geheim daarvan om voor te kom, is om te begin.’
 ??  ??
 ??  ?? GZV03-001 op 14-jarige ouderdom met ’n tussenkalf­periode van 375 dae met 12 kalwers — en weer sewe maande dragtig. Sy het haar eerste kalf op 22 maande gekry.
GZV03-001 op 14-jarige ouderdom met ’n tussenkalf­periode van 375 dae met 12 kalwers — en weer sewe maande dragtig. Sy het haar eerste kalf op 22 maande gekry.
 ??  ?? Die soort bulle wat vir jou goeie vroulike diere sal teel.
Die soort bulle wat vir jou goeie vroulike diere sal teel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa