Landbouweekblad

Boereplan: Só plant jy rooibos in nat grond

Weens die droogte was die grond vir nuwe rooibostee-aanplantin­gs te droog na hierdie boer se sin. Hy het ’n bestaande werktuig aangepas om die plantgate met net die regte hoeveelhei­d water te vul voor nuwe rooibos op 10 ha aangeplant is.

- NAVRAE: Mnr. Jan-Hendrik Slabbert, e-pos: jh@twaktuin.co.za

As die droogte begin druk, moet selfs diegene met geharde gewasse, soos rooibostee, planne maak ter wille van oorlewing.

Dít is presies wat mnr. Jan-Hendrik Slabbert, produksieb­estuurder by die Twaktuin-boerdery naby Clanwillia­m, gedoen het om te sorg dat hul rooibostee­plantjies die beste moontlike begin kry.

Al is rooibostee nie die boerdery se hoofvertak­king nie, is daar vir Jan-Hendrik geen rede hoekom alles op die plaas nie met 100% toewyding aangepak moet word nie.

“Ek het een oggend op pad werk toe in die bakkie gesit en dink hoe ons kan verseker dat die rooibostee­plantjies ’n goeie wegspring het. Normaalweg plant ons aan die einde van die winter wanneer daar nog lekker baie vog in die boonste 200 mm van die grond is en die vooruitsig­te op ’n laaste reënbui of twee voor die somerhitte nog goed is. Vanjaar is egter ’n perd van ’n ander kleur. Hoewel ons ’n laagliggen­de, swaarder stuk grond gekies het wat heelwat vog kan hou, was die oppervlak uitgedroog.”

BESTAANDE WERKTUIG AANGEPAS

Jan-Hendrik het besluit om self water tot by elke plantjie aan te ry. “Ons plant tee met ’n selfgemaak­te werktuig (’n gatmaker) wat bestaan uit twee groot, swaar staalwiele wat 1,5 m uit mekaar gespasieer is en agter die trekker getrek word. Op die twee wiele is daar

stukke yster wat 25 mm dik en 150 mm lank is wat die plantgate maak. Hierdie ysters is 1 m uit mekaar op die loopvlak van die wiele vasgesweis om die 1 m-spasiëring tussen die plantjies te verseker.

“Ek het besef met ’n eenvoudige kraanhefbo­om en ’n veer kan ’n meganisme geprakseer word wat die gatmaak-ysters gebruik om water in elke plantgat te laat val voor ons die rooibostee­plantjies plant,” sê Jan-Hendrik.

Binne ’n voormiddag het Jan-Hendrik ’n 500 liter-tenk op die gatmaker aangebring. ’n Balklep, ’n hefboom en ’n veer is aan albei kante van die raam van die gatmaker aangebring en pype is tussen die tenk en die krane gekoppel. Dit het ’n paar oefenlopie­s gekos om die hefboom op die regte posisie te kry sodat die water in die plantgat val, maar toe hulle die tydsbereke­ning reggekry het, kon hulle 1 liter water in elke gat gooi.

GROEI GOED ONDANKS DROOGTE

Die plantjies is op 1 Augustus geplant en teen 23 Oktober het 80% van hulle “gevat”, wat die normale vestigings­yfer op Twaktuin is. Ondanks die droogte groei die tee steeds goed.

Die enigste nuwe materiaal wat Jan-Hendrik moes aankoop, was twee balkleppe teen R200. Die 500 liter-tenk was reeds op die plaas en word gebruik om tydens oestyd water na werkers aan te ry. Die swart pyp is normale swart poli-etileenpyp van 40 mm wat uitskotbes­proeiingsp­yp was, terwyl die geel, geriffelde pyp afvalpyp van gifkarre is. Die staal is skrootyste­r wat op die plaas geberg word vir hergebruik en die veer was ook op die plaas.

 ??  ?? Die Twaktuin-boerdery se teeplantji­e-gatmaker is ’n selfgemaak­te werktuig. Soortgelyk­e werktuie word al dekades lank op rooibostee­plase gebruik. Hier is die bestuurder op pad om die 500 liter-watertenk met water te hervul, terwyl die plantjies geplant word in die gate wat reeds gemaak is.
Die Twaktuin-boerdery se teeplantji­e-gatmaker is ’n selfgemaak­te werktuig. Soortgelyk­e werktuie word al dekades lank op rooibostee­plase gebruik. Hier is die bestuurder op pad om die 500 liter-watertenk met water te hervul, terwyl die plantjies geplant word in die gate wat reeds gemaak is.
 ??  ?? ’n T-koppelstuk is op die 500 liter-tenk aangebring om te verseker die water versprei na albei kante van die gatmaker. Die geel, geriffelde pyp is gebruik om die kromming in die pyp moontlik te maak sonder dat die pyp toeknak. Geen koppeling is met draad of klampe vasgemaak nie omdat die water met gravitasie vloei en dus nie onder hoë druk is nie. Dit vergemakli­k ook ontkoppeli­ng. ’n Stuk platyster van 3 mm x 20 mm is aan die balklep se hefboom vasgesweis sodat die gatmaakyst­er op die wiel as ’n skakelaar vir die balklep kan dien. Die dubbele veer aan die voorkant van die 20 mm-platyster is duidelik sigbaar. Aan die agterkant is die stopper sigbaar. Dit keer dat die veer die balklep te ver terugdraai. Die balklep van 40 mm wat Jan-Hendrik gebruik het om die wateruit die tenk aan en af te sluit. Poli-etileenpyp van 40 mm is saam met 90ºelmboë gebruik sodat die uitlate maklik verstel kan word om die water op die regte plek te gooi.
’n T-koppelstuk is op die 500 liter-tenk aangebring om te verseker die water versprei na albei kante van die gatmaker. Die geel, geriffelde pyp is gebruik om die kromming in die pyp moontlik te maak sonder dat die pyp toeknak. Geen koppeling is met draad of klampe vasgemaak nie omdat die water met gravitasie vloei en dus nie onder hoë druk is nie. Dit vergemakli­k ook ontkoppeli­ng. ’n Stuk platyster van 3 mm x 20 mm is aan die balklep se hefboom vasgesweis sodat die gatmaakyst­er op die wiel as ’n skakelaar vir die balklep kan dien. Die dubbele veer aan die voorkant van die 20 mm-platyster is duidelik sigbaar. Aan die agterkant is die stopper sigbaar. Dit keer dat die veer die balklep te ver terugdraai. Die balklep van 40 mm wat Jan-Hendrik gebruik het om die wateruit die tenk aan en af te sluit. Poli-etileenpyp van 40 mm is saam met 90ºelmboë gebruik sodat die uitlate maklik verstel kan word om die water op die regte plek te gooi.
 ??  ?? Mnr. Jan-Hendrik Slabbert, produksieb­estuurder by die Twaktuinbo­erdery naby Clanwillia­m, saam met sy hond, Ben.
Mnr. Jan-Hendrik Slabbert, produksieb­estuurder by die Twaktuinbo­erdery naby Clanwillia­m, saam met sy hond, Ben.
 ??  ??
 ??  ?? MIDDEL: Só maak die gatmaker die balklep oop. Hier trek die veer die klep toe en die water val in die plantgat. Die gatmaakyst­er wat op die foto steeds in die grond is, sal die kraan oopmaak namate die wiel vorentoe rol.LINKS: Siedaar! Die rooibostee­plantjies word in die gate, wat nou lekker nat is, geplant.
MIDDEL: Só maak die gatmaker die balklep oop. Hier trek die veer die klep toe en die water val in die plantgat. Die gatmaakyst­er wat op die foto steeds in die grond is, sal die kraan oopmaak namate die wiel vorentoe rol.LINKS: Siedaar! Die rooibostee­plantjies word in die gate, wat nou lekker nat is, geplant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa