Landbouweekblad

IN ’N BLIK

- FOTO: DÉAN GOUS

VERKEERSKN­OOP. Vrywillige­rs het sommer deurnag voer afgelaai nadat 30 vragmotors vol bale oulandsgra­s wat die Neuhoff-boerdery by Delmas aan boere van die Sentraal-Karoo geskenk het, op 9 November op Beaufort-Wes aangekom het. Volgens mnr. Rudie Hattingh van die plaas Vlafontein buite Beaufort-Wes, sal hul weiveld eers kan herstel as hulle 25-30 mm reën kry, en amper net soveel opvolgreën. Mnr. Danie van der Westhuizen, van die plaas Koedoeskop, ook by Beaufort-Wes, sê hulle voer al die afgelope twee jaar “af en aan” skape en kry dit nog reg om lammers te bemark, maar dit duur in die droogte tot twee maande lánger om hulle markgereed te kry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa