Landbouweekblad

HET JY GEHOOR?

-

‘Ek slag my ooie bang.’

MNR. FRANS WIID, Voermol se Skaapboer van die Jaar, oor sy streng uitskotbel­eid waarmee hy ’n speenperse­ntasie van 140 behaal. Bl. 23 ‘Dit was ons eerste groot droogte en ons leer nou eers hoe ons bome op sulke toestande reageer.’ MNR. ALAN SUTTON, voorsitter van Valley Macadamias, oor die invloed van die droogte in 2015-’16, wat steeds gevoel word. Bl. 24 ‘Die diversitei­t van die kwekers het toegeneem en daarom word ’n ander struktuur benodig om die diversitei­t te verteenwoo­rdig.’ DIE SA SUIKERMEUL­EVERENIGIN­G

oor die Parlement se ultimatum aan die kwekersver­eniging CaneGrower­s om groter verteenwoo­rdiging aan swart suikerriet­boere te gee. Bl. 15 ‘Die hele seisoen was van die begin af laat, en tans kan ons nie bepaal of dié verskynsel slegs siklies is en of dit ’n permanente skuif is nie.’ MNR. JOHAN VAN DEN BERG, klimatoloo­g by Santam Landbou, oor die buitengewo­on koue toestande oor groot dele van die binneland. Bl. 15 ‘Ek het gedink boere sou minstens mielie-aanplantin­gs met 10% afskaal.’ MNR. JACO MINNAAR, voorsitter van Graan SA, oor boere se plantvoorn­emens. Bl. 17

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa