Landbouweekblad

GERAFELDE LAMSBLAD

-

1 heel lamsblad, met been en al 2 knoffelhui­sies, in stukkies gesny 2 vars roosmarynt­akkies, kleiner gebreek 3 uie, gekerf 30 ml mosterdpoe­ier 30 ml komyn Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 1 lemmetjie of suurlemoen, in skywe gesny 400 ml appelsap 30 ml sojasous 30 ml worcesters­ous 250 ml room Ongeveer 60 ml heuning Voorverhit die oond tot 140 °C en hou ’n oondbak gereed. Prik gaatjies in die lamsblad met ’n sosatiesto­kkie of ’n skerp mes. Stop die gaatjies met stukkies knoffel en van die roosmaryn.

Sprinkel die uie in die oondbak en sprinkel die orige roosmarynt­akkies oor. Plaas die lamsblad bo-op die uie-en-roosmarynb­ed. Vryf die mosterdpoe­ier, komyn, sout en peper goed in die vleis in.

Pak lemmetjie- of suurlemoen­skyfies op die vleis. Giet die appelsap rondom die vleis en giet die sojasous en worcesters­ous bo-oor die lamsblad. Bedek met foelie en bak die blad lank en stadig (vir sowat 3 uur) tot baie sag. Haal die blad uit die oond en giet die pansouse af. Bedek die blad en laat rus vir ongeveer 15 minute. Verryk die pansouse met room en ’n bietjie heuning en kook af tot dit so dik is as wat jy dit wil hê.

Gebruik twee vurke om die vleis van die been af te rafel. Klam die vleis aan met die sous en sit dit voor met ekstra sous. Bedien met gebraaide aartappels en groente of slaai van jou keuse. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa