Landbouweekblad

MARK VIR KURPERS BLY GROEI

- — NICO VAN BURICK

Die mark vir varswaterv­is – veral kurpers (tilapia) – bly groei in Suid-Afrika. Daar kan nie naastenby in die plaaslike vraag voorsien word nie.

Daar word meestal met inheemse bloukurper­s geboer. Dit duur sowat agt maande voor die vis sowat 350 gram weeg en markgereed is. Daar is ook boere wat omskakel na nylkurpers, wat 30% vinniger groei en baie gouer markgereed is.

Verskeie bekende supermarkg­roepe het deesdae kurpers op hul rakke. Omdat geen plaaslike verskaffer die hoeveelhei­d kan voorsien wat nodig is nie, word vis glo uit China ingevoer.

Mnr. Charles Marais, ’n kenner wat tans twee aanlegte buite Pretoria en een by Mookgopong bou, sê die meeste boere verkoop hul vis regstreeks aan swart verbruiker­s. Daar kan nie naastenby genoeg gelewer word om in dié informele mark se vraag te voorsien nie. Hy sê kurpers word deesdae ook op Pretoria se varsproduk­temark verkoop.

’n Tipiese stelsel soos dié wat Marais bou, bestaan uit ’n tonnelstru­ktuur van 51 meter by 10 meter met ’n dam van 45 meter by 6 meter en 1,5 meter diep binne die tonnel. Die tonnel hou die water warm. Visse van verskillen­de groottes word in 12 nette, wat elk 5 000 visse huisves, gevoer. Die nette is nodig om te keer dat groter visse die kleintjies vreet.

Die visse word met ’n mengsel van mielie- en vismeel gevoer. Sowat 40 000 liter water per week is nodig vir ’n stelsel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa