Landbouweekblad

DROOGTE, INVOER RAAK VOERBEDRYF

- — CARIEN KRUGER

Die droogte, asook die invoer van goedkoop hoendervle­is, het ’n groot rol in die daling in voerverkop­e gespeel.

Nasionale voerproduk­sie in die boekjaar 2016-’17 was 5,1% laer as in die vorige jaar, luidens ’n verslag op die webwerf van die Vereniging van Veevoerver­vaardigers (Afma).

Mnr. Loutjie Dunn, voorsitter van Afma, sê in sy voorsitter­sverslag, wat vroeg in September op sy organisasi­e se jaarvergad­ering bekend gestel is, dat Afma-lede soortgelyk­e dalende neigings ervaar het.

Dit is in teenstelli­ng met goeie groei in die meeste van die vorige verslagdoe­ningstydpe­rke. In die boekjaar 2015-’16 het lede van Afma se verkope met 2,9% gegroei, teenoor ’n netto afname in verkope van 6,2% in die jongste tydperk.

In die jongste boekjaar het hul verkope van pluimveevo­er met 6% gedaal, terwyl die verkope van voer vir beeste en skape met 16% gedaal het.

Voerverkop­e in die suiwelbedr­yf het met 1,41% gegroei, luidens Dunn se verslag.

Wat wêreldprod­uksie betref, het Afrika se produksie die afgelope vyf jaar die vinnigste gegroei – met meer as 13%.

Die beste presteerde­rs in die streek sluit Nigerië, Algerië, Tunisië, Kenia en Zambië in. Produksie in dié lande het met minstens 30% gegroei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa