Landbouweekblad

Manie

-

DIT lyk vir Manie asof daar nog heelwat water in die see sal moet loop voor die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se eensydige burokratie­se inspeksied­iens vir die graanbedry­f, bekend as LEAF, in iets werkbaars omskep sal kan word.

Dreigende regsoptred­e deur die graanbedry­f is vroeër afgeweer toe die departemen­t onderneem het om met die bedryf oor ’n werkbare stelsel te onderhande­l. Nadat oor ’n plan van aksie ooreengeko­m is, moes LEAF onlangs oor sy sakeplan kom verslag doen. Manie verneem dit het maar op ietwat van ’n fiasko uitgeloop met beamptes van LEAF wat steeds geen benul het hoe die graan- en oliesadebe­dryf inmekaarpa­s en waar die inspeksiep­unte is wat hulle wil polisieer nie.

LEAF moet nou sy huiswerk van voor af doen en met elkeen van die onderskeie kommoditei­tsgroepe oorleg pleeg oor die hoeveelhei­d en kategorieë van inspeksiep­unte. Eers dán moet hy met ’n nuwe sakeplan vorendag kom.

Om die inspeksied­iens werkbaar te probeer maak, het verteenwoo­rdigers voorgestel ondernemin­gs in die bedryf moet in hoë, medium- en lae risiko kategorieë verdeel word sodat ondernemin­gs van lae en mediumrisi­ko in ’n mindere mate aan inspeksies onderhewig kan wees. LEAF, bestaande hoofsaakli­k uit ’n groep vroue uit die Oos-Kaap wat deur die minister aangestel is voor daar nog ’n woord met die bedryf daaroor gepraat is, toon egter min begrip vir die omvang van dít wat hulle beoog. Net kommersiël­e opbergings­geriewe vir graan is reeds altesame 684.

Moedelose bedryfsled­e sê dit voel of hulle terug is by die beginpunt. Hulle het ernstige bedenkinge oor die werkbaarhe­id van só ’n inspeksied­iens. Die ergste is dat dit as ’n diens aan bedrywe voorgehou word, terwyl dit eintlik ’n taak van die departemen­t is wat hy op ’n private ondernemin­g afgeskuif het. Nou verwag hy betrokkene­s in die graanbedry­f moet daarvoor betaal – ’n verwagte R60 miljoen per jaar in LEAF se geval. Bedryfslei­ers weier egter om ’n blanko tjek aan iemand te gee om geld te maak as die inspeksied­iens nie prakties uitvoerbaa­r is nie.

Nog sulke inspeksied­ienste wat die standaarde vir landboupro­dukte moet toets, is sedert ’n jaar gelede ook vir ander bedrywe aangestel. Oral word daar nou geworstel met die praktiese toepassing daarvan.

WAAR IS DIE BOKHAARTRU­ST?

Dit is met bewonderin­g dat ’n mens hoor van die yslike skenking van mielies en lusern wat deur die grootbaas van ’n groot bokhaarkop­er en -verwerker vir Angorabokb­oere in die droogteget­eisterde produksieg­ebiede gereël is.

Die geld vir die voer is deur die voorsitter van die maatskappy, wat nie graag sy naam wil noem nie, se familie bewillig deur middel van samewerkin­g met hul buitelands­e sakevennot­e. Altesame 15 vragte voer is afgelewer teen ’n koste van heelwat meer as ’n miljoen rand. Die Sybokhaart­rust het darem die helfte van die vervoerrek­ening betaal. Die ander deel is deur die SA Wol- en Bokhaarkop­ersverenig­ing (Sawamba) geborg.

Nou wil bokhaarboe­re (van wie talle op hul knieë is weens die voortslepe­nde droogte) weet waarom buitelande­rs hulle help en hoekom hulle nie meer ondersteun­ing van hul eie organisasi­es kry nie. Die Sybokhaart­rust is immers nagenoeg R300 miljoen sterk.

Die trust, wat sy bestaan hoofsaakli­k aan boere se swaarverdi­ende geld te danke het, is jare gelede gestig ná die afskaffing van die landboubem­arkingsrad­e. In daardie oorgangser­a was daar vrese dat die nuwe Regering beslag sou lê op die destydse Bokhaarraa­d se geld, wat ook gedien het as ’n stabilisas­iefonds vir

swak markpryse. Die geld is in ’n trust geplaas en Manie hoop dit bly veilig.

TRUST SE INKOMSTE

Die inkomste van die trust, soos dit nou daar uitsien, word skynbaar vir ’n aantal noodsaakli­ke dienste aangewend. Talle produsente meen indien van dié geld nie vinnig vir droogtehul­p gebruik word nie, die bedryf nooit weer sal kan herstel nie.

Soos dit is, krimp die hoeveelhei­d Angorabokb­oere saam met produksie. Die lewering van kleinbokki­ehaar word elke jaar net minder. ’n Paar miljoen rand se droogtehul­p uit daardie groot neseier van die trust kan sekerlik nie veel skade doen aan strukture nie? Die vraag is of dit nodig is om op só ’n klomp geld te sit terwyl Rome brand? As dinge só aangaan, is daar een van die dae glad nie ’n bedryf oor nie. Wat word dan van die trustgeld? wil die boere weet.

Een van die min groot boere wat nog in die bedryf oorbly, het ’n goeie voorstel. Hy reken die Sybokhaart­rust moet só bestuur word dat dit Angorabokb­oere tydens noodsituas­ies ondersteun. Die hoeveelhei­d produsente en haar wat in elke distrik geskeer word, is tog bekend. Dus behoort dit maklik te wees om, nog lank voor ’n droogte sy tol eis, te bepaal hoeveel voer elke gebied sou benodig – en om daarvoor te begroot. Dan sal almal weet waar hulle staan en nie nodig hê om staat te maak op filantropi­ese buitelande­rs nie.

PLAN VERLOOP NIE SOOS DIT MOET

Prof. Mohammad Karaan, die landbou-argitek binne die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan, het onlangs sy ontevreden­heid met die verloop daarvan uitgespree­k. Hy sê hy voel hy het misluk. “Ek het gedink ek gaan een van die pioniers in die sektor wees om die landskap te verander, maar dit het nie gebeur nie.”

Hy sê daar is talle redes vir die mislukking, maar die grootste probleem het te doen met die staat wat polities gedrewe beleid probeer koppel aan ekonomiese werklikhed­e. “Suid-Afrika se ekonomiese prestasie is so swak omdat die Regering die ekonomie wil ontwikkel deur die eienaarska­p daarvan te verander. ’n Mens kan nie die eienaarska­p van ’n bate verander sonder om eers die eienaarska­p van die kundigheid daaroor te verander nie.”

Dit is veral waar vir ’n hoogs mededingen­de sektor, soos die landbou, waar die getalle van kommersiël­e boere in sy leeftyd al van 120 000 tot byna 20 000 gedaal het.

Nogtans glo hy in die aanpasbaar­heid van Suid-Afrikaanse boere. Hy meen die sektor staan aan die begin van ’n nuwe tydperk van voorspoed. Hy sê byvoorbeel­d dat die landbou se rekordskul­d van meer as R160 miljoen ’n goeie ding is. Dit beteken die landbou is besig om sy toekomstig­e groei te finansier vanaf sy eie bate-grondslag.

Hy het ook verwys na die landbou se handelsbal­ans wat met 6% groei (bykans die helfte daarvan is in Afrika), die landbou se reusebydra­e tot die groei van 2,5% in die bruto binnelands­e produk die afgelope kwartaal en ook die rekordoest­e wat gehelp het om voedselinf­lasie onder 6,8% te hou. Hy meen lae voedselinf­lasie is ’n deurslagge­wende bestanddee­l vir maatskapli­ke stabilitei­t. Volgens hom kry die landbou nie altyd die erkenning wat dit verdien nie.

Gegrond op die landbou se dienslewer­ing aan die bevolking, meen Manie dat daar eerder ’n standbeeld vir boere as vir ’n president opgerig moes gewees het.

ORKAAN

’n Orkaan tref ’n plaashuis in Amerika kort voor dagbreek. Dit ruk die plaashuis se dak af, lig die bed op waarop die boer en sy vrou lê en slaap en voer dit mee tot in ’n ander deel van die distrik. Die vrou begin huil. “Moenie bang wees nie, skat,” sê die boer. “Ons is veilig en het nie seergekry nie.”

Die vrou bly egter huil. “Ek is nie bang nie,” sê sy tussen die snikke deur. “Ek is baie bly! Dit is die eerste keer in 15 jaar dat ons saam weg van die plaas af is.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa