Landbouweekblad

Digitalise­er jou boerdery

Suid-Afrikaanse boere kan nie meer volhoubaar wees sonder om digitale hulpmiddel­s in hul boerderye te omarm nie. Hulle kan inspirasie put uit die nuwe tegnologie wat by Agritechni­ca in Duitsland ten toon gestel is.

-

Die Suid-Afrikaanse landbou se produktiwi­teit sal ál meer moet verbeter weens die wêreldwye wedywering om landboupro­dukte kostedoelt­reffender te produseer.

Mnr. Carl-Albrecht Bartmer, voorsitter van die Duitse Landbougen­ootskap, wat onlangs die reuselandb­ouskou Agritechni­ca in Hannover, Duitsland, aangebied het, sê dit is ’n voorvereis­te dat ekonomiese sukses in harmonie met skaars hulpbronne en die omgewing moet plaasvind.

Die toekomstig­e winsgewend­heid van produksie gaan toenemend ’n faktor van doeltreffe­nde kostebespa­rings en verhoogde produktiwi­teit wees. Moenie op langer termyn op hoër pryse en ’n swak rand alleen reken om mededingen­d te bly nie.

Die eerbewyse wat by die skou toegeken is (sien die KASSIE ), sê iets van die rigting waarin landbouteg­nologie ontwikkel. Kyk daarna en besluit of jou toegang tot tegnologie en die gesofistik­eerdheid van jou verskaffer­s in Suid-Afrika voldoende is sodat jy jou markte kan behou. Indien nie, moet jy daarop aandring dat verskaffer­s die jongste bewese tegnologie beskikbaar stel.

Die Duitse landbou-organisasi­e DLG-Agrifuture Insights het vroeër vanjaar inligting gepublisee­r oor watter tegnologie­se hulpmiddel­s boere in Europese lande gebruik om hul boerderye te digitalise­er, asook wat hul benadering tot digitalise­ring is (sien die GRAFIEKE ).

Suid-Afrikaanse boere kan dié inligting as ’n riglyn gebruik om te bepaal in watter mate hulle reeds digitale tegnologie in hul boerderye gebruik om die produktiwi­teit van hulpbronne en insette te optimalise­er en hoe hulle dit kan uitbrei.

Suid-Afrikaanse boere voer in van en uit na die lande wat in die grafieke ter sprake is. Plaaslike produsente moet kennis neem van ontwikkeli­ngs daar omdat dit die toon gaan aangee vir winsgewend­heid in die toekoms en plaaslike boere se mededingen­dheid.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa