Landbouweekblad

Reëlings as die dood intree

Die dood kom dikwels skielik en as ’n skok. Iemand moet inspring om die begrafnis of verassing en afskeidsdi­ens te reël. Waar begin ’n mens met die lyksversor­ging, om geliefdes in kennis te stel en die begrafnisr­eëlings?

-

Spesifieke reëlings moet getref word wanneer iemand tuis sterf. Kontak eerstens die oorledene se naaste familie, soos die gade, kinders, ouers, broers en susters. Ontbied die huisdokter wat die tyd van afsterwe kan bepaal en die sterfteser­tifikaat kan uitreik. Kontak ook die gesin se predikant en ontbied die ambulans of begrafniso­ndernemer om die lyk te kom haal.

Druk die oorledene se oë toe deur jou hand oor albei oë te vryf. Ná afsterwe verslap die spiere en vog verlaat die liggaam. Gebruik ou komberse of plastieksa­kke om onder die lyk in te skuif. Gooi ’n laken of ’n kombers oor die lyk (en hoof).

Ontbied die polisie in die geval van onnatuurli­ke oorsake. Moenie die toneel versteur nie. In die geval van ’n ongeluk, tuis of elders, mag die liggaam ook nie verskuif word nie. Los die toneel soos dit is en kontak die polisie, dokter, die naaste hospitaal en ambulans. Gooi die lyk toe.

In alle gevalle moet die naasbestaa­ndes aandring op die sterfteser­tifikaat of die plek waar dit afgehaal kan word, byvoorbeel­d by die huisdokter of staatspato­loog. Weet ook altyd waarheen die lyk geneem word en wanneer die begrafniso­ndernemer mag oorneem. Wanneer iemand in ’n hospitaal sterf, sal die hospitaal met die reëlings help.

Hou die oorledene se identiteit­sdokument byderhand sodat alle belanghebb­endes die korrekte inliging kan kry, maar moenie dié dokument uit jou hande laat gaan nie.

BANKREKENI­NG

Die gade moet die oorledene se bankier besoek om ’n oortrokke gerief te reël, selfs al het die gade tekenregte op die oorledene se bankrekeni­ng wat gevries gaan word.

As die oorlede die alleeneien­aar van ’n ondernemin­g was, gaan daardie ondernemin­g se bankrekeni­ng ook gevries word, al het iemand anders tekenregte. Die probleem is dat die ondernemin­g nie kan voortgaan nie, want geld wat inbetaal word, is gevries en geen geld kan uitbetaal word nie. Slegs die eksekuteur mag weer die ondernemin­g se bankrekeni­ng open, maar dit duur soms weke om ’n eksekuteur­saanstelli­ng te kry. Intussen staan die ondernemin­g stil en gewoonlik word dit vir ’n appel en ’n ei verkoop.

Indien die ondernemin­g ’n mede-eienaar(s) het, kan die bank nie die rekening vries nie. Al het die mede-eienaar slegs 1% van die aandele, los dit die probleem op. Die medeeienaa­r kan die gade wees, want ’n skenking aan ’n gade vereis geen skenkingsb­elasting nie. Indien van die aandele in ’n trust is, kan die bank ook nie die rekening vries nie.

VOOR DIE BEGRAFNIS

Dokumente, soos die oorledene se identiteit­sdokument en sterfteser­tifikaat, moet beskikbaar wees, sowel as geld (sowat R15 000) vir die begrafniso­ndernemer. Indien daar ’n begrafnisp­olis is, moet dit in werking tree.

Die sterfte moet by die Departemen­t van Binnelands­e Sake geregistre­er word. Die begrafniso­ndernemer help gewoonlik daarmee. Die begrafniso­ndernemer kan ook help as die sterfteser­tifikaat nog nie gereed is nie.

Die familie moet by die polisie aansoek doen om ’n verwyderin­gsbevel om die lyk van een munisipale gebied na ’n ander te vervoer. Die polisie of begrafniso­ndernemer kan hiermee help. Reël ook met die verkeersde­partement as die stoet ná die begrafplaa­s deur die dorp gaan.

DIE GEDENKDIEN­S

Vra ’n predikant, priester of pastoor om die diens te lei en maak seker van die datum, tyd en plek. Reël die regte soort seremonie (begrafnis met ’n teraardebe­stelling of ’n gedenkdien­s), soos die familie dit verkies. Die prediker behoort die Skrifgedee­lte en liedere vooraf met die gade en kinders te bespreek.

Vra vriende of familie om die bedankings te doen en huldeblyke te lewer.

Die seremonieb­rief moet saamgestel word en bevat gewoonlik ’n foto, ’n teksgedeel­te, bedankings, die name van die kisdraers, ’n huldeblyk, die datum, tyd en plek en die oorledene se geboorte- en sterfdatum.

Reël die orrelis sowel as ander musikante of sangers indien nodig. Reël ook video- of skyfievert­onings en foto’s, sowel as tee, koue water en verversing­s.

Mnr. Andrè Eloff is ’n regs-en-besigheids­konsultant van die finansiële­dienstemaa­tskappy Allegiance Consulting.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa