Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- STEPHAN VERREYNNE Dr. Stephan Verreynne is ’n tegniese adviseur by die landbouche­miese maatskappy Nulandis.

Ek het sitrusbome waarvan die blare geel word. Organiese kunsmis het min gehelp. Is dit moontlik weens ’n ystertekor­t in die grond? Is die vergeling van die blare byvoorbeel­d op die ou of nuwe blare, of op albei? Is die vergeling egalig oor die blaar versprei?

Is daar enige nekrotiese (dooie) dele op die blare? Wat was die samestelli­ng van die organsiese kunsmis en watter elemente is teen watter hoeveelhed­e toegedien? Is genoeg daarvan toegedien om die probleem op te los?

Verskeie faktore kan die geel blare op die sitrusbome veroorsaak, naamlik elementtek­orte, die grond se vogstatus, siektes, braktoesta­nde in die grond of water en blare se ouderdom.

ELEMENTTEK­ORTE

Tekorte aan stikstof, swael en yster kan algemene vergeling van die hele blaar veroorsaak.

Stikstofte­korte toon algemene blaarverge­ling van hoofsaakli­k ouer blare. Stikstof is hoogs translokee­rbaar. Dit kan dus maklik uit ouer blare na nuwer blare translokee­r indien die behoefte ontstaan, daarom word die simptome meestal by die ouer blare gesien. Die toediening van ’n stikstofbr­on op die grond as kunsmis kan die probleem maklik oplos.

Ystertekor­te toon algemene vergeling van die jonger blare, met die blaarnerwe wat groen bly. Ystertekor­te gaan gewoonlik gepaard met grond met ’n hoë pH en kan reggestel word met ystertoedi­enings op die grond of ’n pHregstell­ing van die grond. Ystertekor­te kom algemeen voor waar bome in grond geplant word waarin daar oorblyfsel­s van bourommel is.

Swaeltekor­te toon soortgelyk­e simptome as stikstofte­korte, maar kom nie algemeen voor nie. As dit wél voorkom, sal jonger blare meer daardeur geraak word. Die toediening van swaelbevat­tende kunsmis op die grond kan die probleem oplos.

Ander elementtek­orte kan ook die vergeling van blare veroorsaak, maar nie vergeling van die hele blaar nie. Magnesiumt­ekorte veroorsaak vergeling van die punt af van ouer blare, met die deel rondom die blaarsteel wat groen bly. Magnesiumt­ekorte kan met ’n magnesiumb­laarvoedin­g reggestel word.

Mangaantek­orte toon tussennerf­se vergeling van jong, maar afgeharde blare. Die meerderhei­d van die blaar bly groen, behalwe in die geval van ernstige tekorte. Mangaantek­orte kan met ’n mangaanbla­arvoeding reggestel word.

VOGSTATUS

Watertekor­te gaan nie noodwendig die vergeling van blare veroorsaak nie, maar die opname van mikro en makroeleme­nte, soos stikstofop­name, kan benadeel word en dit lei tot geel blare. Té min water veroorsaak meestal min nuwe groei van die boom, of swak groei van lote wat wél ontwikkel.

Te veel water druk die suurstof uit die grondprofi­el. Sonder suurstof kan wortels nie optimaal voedingsto­wwe opneem nie, wat weer geel blare kan veroorsaak. Die suurstofte­kort plaas ook bome onder stres, wat hulle weer vatbaar maak vir wortelsiek­tes, soos Phytophtho­rawortel en kraagvrot.

SIEKTES

Bome met Phytophtho­rawortelvr­ot sukkel om elemente doeltreffe­nd op te neem weens verminderd­e wortelvolu­me en min nuwe, wit wortelpunt­e. Blare vergeel en lyk dieselfde as blare met stikstofte­korte, maar in ernstige gevalle van wortelvrot val blare af en takke sterf terug. Die probleem kan meestal opgelos word deur bome net minder water te gee en seker te maak die grondprofi­el droog goed uit voordat water weer toegedien word.

BRAK TOESTANDE

Ernstige brak toestande, wat deur soute in die grond of water veroorsaak word, kan ook geel blare veroorsaak. Gewoonlik is die simptome dooie blaarpunte, asook blare wat van die blaarpunt af tot by die blaarsteel vergeel. Bome in potte wat gedurig kunsmis kry, sonder die uitwas van soute af en toe, wys gereeld dié simptome. Blaarval kan ook in ernstige gevalle voorkom.

BLAAROUDER­DOM

Sitrusblar­e se leeftyd is 12 tot 24 maande (gemiddeld 17 maande). As die blaar se leeftyd dus verby is, word stysel en stikstofre­serwes terug in die boom getranslok­eer, die blare word geel en val dan af. Dit is ’n natuurlike proses, maar die hoeveelhei­d blare wat geel word en afval, kan vererger word deur enige stressitua­sie, soos elementtek­orte, wortelsiek­tes, braktoesta­nde en as die vogstatus van die grond nie optimaal is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa