Landbouweekblad

4 Dié week in die landbou

- met 63c/liter. Dit sal ook ’n nadelige invloed hê op die wintersaai­gebiede, waar boere wat laat geplant het, nog aan die oes sal wees. ninge en finansies. Intussen bestuur ’n maatskappy, Etsho, die plaas namens die Vrystaatse Ontwikkeli­ngskorpora­sie teen

BRANDSTOFP­RYS BYT

Ekonome by die landbou-sakekamer Agbiz raam dat brandstofp­ryse in Desember wéér kan styg — petrol met 5% en diesel met 3% — hoofsaakli­k weens die hoër prys van Brent-ruolie en die swakker rand. “Die prysstygin­g sal druk op boere verhoog aangesien dit saamval met die planttyd, veral in die westelike somersaaig­ebiede waar die optimale planttyd vir grane en oliesade eers vroeg in Januarie 2018 afsluit,” lui ’n Agbiz-verklaring. Daar word verwag dat die petrolprys met 74c/liter kan styg en die dieselprys

HOOP VIR KOUGA

Skaars ’n week nadat mnr. Pierre Joubert, hoofbestuu­rder van die Gamtoos-besproeiin­gsraad, die hoop uitgespree­k het dat die internasio­nale weerstasie YR se voorspelli­ng van tot 80 mm reën in die Kougadam se opvanggebi­ed korrek was, is daar teen druktyd tot 75 mm reën in dié streek gemeet. Volgens die Weerburo is tot 60 mm in Port Elizabeth gemeet en tot 40 mm by Joubertina, Kareedouw en Patensie. By Oos-Londen is 38 mm gemeet, by Cradock 7 mm, by GraaffRein­et 10,6 mm, by Mosselbaai 40,8 mm en by Port Alfred 60,6 mm. Joubert sê hoewel dit eers later vandeeswee­k duidelik sal wees in welke mate die Kouga-damvlakke by die reën baat gevind het, sal boere in die Gamtoosval­lei minstens die volgende twee weke nie hoef te besproei nie, wat sal help dat die damvlak styg.

MEER NAM-DRUIWE

Namibië se produksiev­ermoë vir tafeldruiw­e is onlangs met 540 ha uitgebrei danksy Capespan Namibië en die Namibia Grape Company se nuwe pypleiding by Aussenkehr. Die pyplyn is 6 km lank en 800 mm in deursnee. Die Aussenkehr­vallei lewer 7 miljoen kartonhour­s tafeldruiw­e per jaar. Mnr. Kobus Bothma, direkteur van Capespan Namibia, sê die maatskappy het die afgelope drie jaar ook nuwe koelkamerg­eriewe en pakstelsel­s gebou, asook 14 nuwe kultivars aangeplant, onder meer die reeks IFG-, SNFL- en Arra-kultivars. Capespan evalueer ook ’n bykomende 60 nuwe kultivars.

NÓG VERNEUKERY

Die omstrede Vrede-melkplaas in die Vrystaat is nie net gebruik om miljoene rande se belastingg­eld na onder meer die Gupta-familie te kanaliseer nie. Dit het verlede week aan die lig gekom dat daar ook staatsampt­enare op dié projek se lys van begunstigd­es is. Netwerk24 berig oor dié verwikkeli­ng ná ’n vergaderin­g van die Vrystaatse departemen­t van landbou en die provinsie se komitee vir openbare reke-

100 NIE UIT NIE

Mnr. April Jooste (onder, links), ’n 100-jarige boorling van die Sederberge in die Wes-Kaap, het onlangs ’n eerbewys van mnr. Alan Winde (regs), Wes-Kaapse minister van ekonomiese geleenthed­e, ontvang vir sy bydrae tot voedselsek­erheid in dié streek. Hy kweek die afgelope 82 jaar sy eie groente — vandat hy 18 geword en die verantwoor­delikheid vir sy ouers se groentetui­n oorgeneem het. “Tuinmaak is in my bloed. Ek wou reeds van ’n jong ouderdom my eie tuin hê,” sê hy. “Tuinmaak is soos om ’n kind groot te maak. Die plante moet van jongs af gevoed en versorg word sodat hulle groot en gesond kan word.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa