Landbouweekblad

Mark open nuwe deure vir Limpopo-boere

- — JASPER RAATS

SOOS Mooketsi, spog Polokwane in Limpopo nou ook met ’n private varsproduk­temark waar groot én klein boere van die omgewing hul produkte so te sê op hul eie voorstoep kan lewer.

Die mark is ’n projek wat spruit uit ’n klein, private mark van ZZ2 net buite dié stad waar hoofsaakli­k met tamaties en uie handel gedryf is.

Die Farm Gate Exchange (FGX) Groep en die RSA Groep het saamgewerk om ’n mark daar te stel waar meer produkte van alle boere in die omgewing verkoop kan word. Die nuwe Polokwane-varsproduk­temark, wat deur FGX bestuur word met RSA as die enigste agent op die vloer, het reeds 9 000 geregistre­erde kopers. Die Mooketsi-mark, wat reeds in 2014 geopen is, het al 11 000 kopers.

Die mark bied nie net ’n welkome afsetpunt vir kommersiël­e boere nie, maar maak dit vir talle opkomende boere van die omgewing moontlik om hul produkte op ’n varsproduk­temark te lewer.

SMOUSE

“Hier is ’n spesiale afdeling vir opkomende boere se produkte. Van hierdie boere is só klein dat hulle hul groente met ’n ou Toyota Corolla hierheen aanry. Daar is geen manier waarop ’n boer met so min van ’n produk sy produk-

te op Johannesbu­rg of Pretoria se mark kan gaan lewer nie,” sê mnr. Luan Wentzel, die RSA Groep se bestuurder op Polokwane.

Dit is egter nie net plaaslike boere wat daar produkte lewer nie. Aartappels in verpakking­smateriaal van sommige van Suid-Afrika se grootste aartappelb­oere is op die vloer te sien en daar is appels van agt verskillen­de boere in die Wes-Kaap.

Die meeste van die vars produkte wat daar verkoop word, beland in straatsmou­se se stalletjie­s. Wentzel sê die informele mark verteenwoo­rdig omtrent 75% van die omset, terwyl die formele kleinhande­l omtrent 15% verteenwoo­rdig. Aankope van plaaslike huisvroue verteenwoo­rdig sowat 5% van die algehele omset van R9 miljoen tot R12 miljoen per maand.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa